Sal jy Facebook vir ’n maand prysgee vir R700?
Sal jy bereid wees om Facebook vir ’n maand prys te gee in ruil vir $50 (sowat R715)?
Dit is die vraag wat navorsers van die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in ’n nuwe ondersoek vra.
Daar word gehoop dat die navorsing ekonome kan help om te verstaan in hoeverre gratis tegnologie die ekonomie en ons lewe hervorm.
Die skrywers reken die sosiale netwerk dra self 0,11 persentasiepunt by tot die Amerikaanse bruto binnelandse produk (BBP) gemeet aan die voordeel daarvan vir gebruikers.
Die ondersoek vra ook die breër vraag waaroor ekonome wonder: Hoeveel verbeter tegnologie ons lewe?
Gewoonlik sou so ’n vraag se fokus wees op hoeveel ryker vernuwende tegnologie ons maak.
Daarom sou die antwoord in ’n land se BBP – ’n onvolmaakte, maar redelike maatstaf van totale welstand – verskyn.
Dié taak raak egter moeiliker wanneer die tegnologie gratis is wat die samelewing transformeer.
Facebook, Twitter en ander dienste wat gratis is, kos gebruikers per slot van rekening niks nie, maar dra by tot produktiwiteit – en uiteindelik tot ’n land se BBP.
Die skrywers het toe eksperimente gedoen om die geldwaarde te bepaal wat mense aan sekere gratis dienste toedig.
Dit het hulle in staat gestel om ’n alternatief tot BBP saam te stel wat nie gegrond is op werklike koste nie, maar op waargenome waarde.
Onder ’n verteenwoordigende steekproef van Amerikaanse internetgebruikers het hulle bevind dat die gemiddelde prys om Facebook vir ’n maand prys te gee $42,17 (sowat R603) is.
In ’n afsonderlike steekproef in Nederland het die navorsers bevind die hoogste waarde onder internetgebruikers word aan WhatsApp toegeken.
Een maand daarsonder word gereken op ’n verlies van €535 (R8 500).
Facebook was die tweede waardevolste met ’n gerekende verlies van €100 (R1 500).
Die waarde van ’n maand sonder Twitter was minder as €1.
“Die voorgestelde maatstaf wat in die studie voorgestel word, maak dit moontlik om ’n deegliker ondersoek na die impak van gratis goedere op welvaart te doen.
Dit kan ’n beduidende impak op beleid ook hê,” sê die skrywers. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie