'SAL-bestuur moet voorberei vir nuwe aandeelhouer'
Nellie Brand-Jonker
Die uitvoerende bestuur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet voorbereidings begin tref vir 'n nuwe aandeelhouer wat in die afsienbare toekoms bekend gestel gaan word.
Die departement van openbare ondernemings het dit gesê in 'n verklaring wat Sondag uitgereik is.
In die verklaring is gesê swak besluite is deur die vorige direksie en bestuur geneem en korrupsie is toegelaat wat die lugdiens lamgelê het.
“Die onmiddellike prioriteit vir die ministerie van openbare ondernemings is om die SAL finansieel te stabiliseer en deur 'n streng proses van kostevermindering en kommersiële heroriëntering te verander in 'n lugdiens wat finansieel en operasioneel volhoubaar is.
“Die onlangse bewilliging van R5 miljard in die mediumtermynbegrotingsraamwerk was 'n verdere verklaring van hierdie voorneme en bied 'n mate van onmiddellike finansiële stabiliteit terwyl die lugdiens se direksie en bestuur begin met die taak om die lugdiens finansieel en operasioneel te herstel.”
Die ministerie het die direksie en die bestuur opdrag gegee om met groter dringendheid en toewyding hul pligte uit te voer om onmiddellike ingryping te identifiseer en te implementeer.
“Dit is noodsaaklik dat die uitvoerende bestuur fokus op die sake van onmiddellike belang, insluitende om die koste van die lugdiens te verminder, alle kontrakte waarby bedrog betrokke is te stop en die gepaste siviele en strafregtelike stappe teen die mense te neem binne en buite die onderneming wat by die korrupsie betrek word.
“Die SAL moet ook vir 'n strategiese aandeelhouer voorberei wat in die afsienbare toekoms bekend gestel gaan word.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie