Sakenuus uit elders in Afrika

Estelle de Bruyn
Hilton open in Casablanca

Die internasionale hotelgroep Hilton het sy eerste hotel in Casablanca, Marokko, geopen.

Dit is danksy 'n bestuursooreenkoms wat met die Sadiki-groep gesluit is.

Dit volg op Hilton se hertoetrede tot Marokko in Maart verlede jaar toe die Hilton Garden Inn in Tangier geopen is.

Casablanca is die grootste stad in Marokko. Die Hilton Garden Inn-handelsnaam sal nou vir die eerste keer daar verteenwoordig word. Bouwerk aan die nuwe hotel begin vanjaar. Die hotel sal aanvanklik 118 kamers hê, met ruimte vir uitbreiding.



Pypleiding in Nigerië gesluit

Nigerië se dalende olieproduksie weens onbeplande ontwrigtings kan vererger word deur Shell se besluit verlede week om die Trans-Niger-oliepypleiding ná 'n brand te sluit.

Die pypleiding kan sowat 180 000 vate per dag na die Bonny-uitvoereindpunt in die Niger-delta vervoer. Dit is gesluit nadat 'n brand in Ogoniland ontstaan het, het 'n Shell-woordvoerder gesê. Shell wou nie sê hoe dit sy produksie raak nie.

Nigerië se daaglikse olieproduksie het in Desember met 200 000 vate tot 1,45 miljoen vate per dag gedaal. Dit het drie maande van stygende produksie beëindig.

Nigerië sukkel om sy produksievermoë te herstel ná 'n jaar van aanvalle deur militante groepe op sy olie-infrastruktuur. In Augustus 2016 het produksie tot 1,39 miljoen vate per dag gedaal, die laagste vlak sedert 1988, volgens data wat Bloomberg saamgestel het.



Uganda reik visums gouer uit

Uganda het die uitreik van visums versnel en grensveiligheid is verbeter danksy die aankoop van 'n nuwe visumbestuurstelsel by die digitale-sekuriteitsfirma Gemalto.

Gemalto het ook Ugandese immigrasiebeamptes op die nuwe stelsel oplei. Dit sal die Ugandese owerhede in staat stel om die volledige lewensiklus van 'n visum te bestuur – van die aansoek tot die uitreik daarvan. Die doel is om reis na Uganda te vergemaklik, n­asionale veiligheid te verbeter en reisigers te beskerm teen identiteitsdiefstal.

Die stelsel is al in Julie verlede jaar in gebruik geneem, en verbeter die ervaring van reisigers na Uganda te midde van toenemende migrasie in Oos-Afrika en die groeiende sake- en toerismesektor in Uganda.



Kameroen mik vir 6%-groei

Kameroen se ekonomie kan vanjaar met 6% groei, al beplan die regering om nuwe belastings in te stel om te vergoed vir 'n afname in staatsinkomste uit olie, het die minister van finansies, Alamine Ousmane Mey, gesê.

Kameroen het in Desember die instel van 24 belastings goedgekeur. Dit is op 'n wye reeks goedere en dienste, insluitende ingevoerde tweedehandse motors en uitvoer-timmerhout.

Die regering wil terselfdertyd landbou help deur dit goedkoper en makliker vir boere te maak om toerusting, bemesting en gifstowwe te koop.

Die Internasionale Monetêre Fonds het vir 2016 'n groeikoers van 4,8% voorspel. Kameroen is op vier na die grootste kakaoprodusent ter wêreld en op twee na die grootste palmolieprodusent.

'n Kwart van Kameroen se 2016-begroting was danksy inkomste uit ruolie. Kameroen het in 2015 byna 35 miljoen vate olie geproduseer.



Portugese kry padkontrak

Die Portugese konstruksiegroep Mota-Engil het 'n kontrak van €178 miljoen (N$2,6 miljard) gekry om een van die hoofpaaie in die Luanda-provinsie in Angola te herstel. Die werk sluit dreineringswerk en die bou van 'n verkeersirkel in by die Via ­Expressa, een van die hoofweë deur die hoofstad Luanda, wat byna 7 miljoen inwoners het.



Ethiopiese dam voltooi

Die Tendaho-besproeiingsdam in Ethiopië is voltooi ná bouwerk wat oor 'n periode van 12 jaar voortgesleep het.

Die dam kan 1,8 miljard m³ hou, genoeg vir die besproeiing van 60 000 ha. Die dam se water word reeds gebruik vir die besproeiing van 25 000 ha se suikerrietplantasies en 6 000 huishoudings se landbougrond. Die dam sou aanvanklik binne drie jaar en teen 870 miljoen birr (sowat N$528 miljoen) voltooi gewees het, maar bouwerk het agt jaar langer as verwag geduur en die koste het tot 5,6 miljard birr (N$3,4 miljard) gestyg, volgens die Ethiopiese ministerie van water, besproeiing en elektrisiteit.

- Netwerk24/ Saamgestel uit persverklarings,

Bloomberg en Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%