Sakenuus uit Afrika
Tanzaniese kraghoof se kop rol
Die hoof van Tanzanië se elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy, Tanesco, is afgedank nadat hy kragtariewe vroeër vandeesmaand met 8,53% verhoog het.
John Magufuli, president van Tanzanië, het kort daarna die hoof van Tanesco, Felchesmi Mramba, afgedank, want hy meen die tariefverhogings sal sy planne fnuik om Tanzanië te industrialiseer.
“Dit is onaanvaarbaar dat terwyl ons planne maak om nywerhede te bou en seker te maak meer inwoners kry toegang tot elektrisiteit, gebruik iemand anders sy posisie om kragtariewe te verhoog,” lui ’n verklaring van die Tanzaniese president.
Ethiopian vlieg weer na Guinee
Ethiopian Airlines gaan in Februarie sy vlugte na Conakry in Guinee in Wes-Afrika hervat.
Conakry is die hoofstad van Guinee en ’n hawestad aan die Atlantiese Oseaan. Die land is ’n belangrike produsent van bauxiet en het ryk diamant- en goudreserwes.
Ethiopian Airlines sal vyf keer per week van Addis Abeba na Conakry vlieg via Abidjan in die Ivoorkus.
Ethiopian Airlines het in 2009 vir die eerste na Conakry begin vlieg, maar die roete is later gestaak.
Die lugdiens het ook onlangs aangekondig hy gaan van Junie na Chengdu, hoofstad van die suidwestelike Chinese provinsie Sichuan, vlieg. Dit is die vyfde Chinese stad waarheen hy vlieg.
Stygings in Zim-datapryse omgekeer
Zimbabwe het teruggekrabbel oor ’n omstrede besluit oor ’n skerp styging in die prys van selfoondata.
Kliënte en kritici het pres. Robert Mugabe se regering daarvan beskuldig dat hy ’n poging was om die gebruik van sosiale media in te perk.
Aktiviste het verlede jaar die internet benut om van die grootste protesaksies nóg teen die regering te reël en het tradisionele opposisiepartye omseil. Econet Wireless het datatariewe met ’n faktor van 25 verhoog om in te val by die nuwe reëls van die Pos- en Telekommunikasiereguleringsowerheid van Zimbabwe. Waar Econet Wireless se kliënte voorheen 250 MB vir $1 gekry het, kon hulle sedert 11 Januarie net 10 MB vir $1 kry.
Die telekommunikasieminister het egter Vrydag opdrag gegee dat die tariefverhogings onmiddellik opgeskort word. Netwerk24/Reuters/ESI Africa/FTW Online/footprint2africa.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie