Sakeman kry 30 jaar
Rudolf Gawaseb het vroeër vanjaar skuld beken op 'n klag van moord.
Kristien Kruger – Rudolf Huirad Gawaseb (60) is Maandag in die hoërhof in Windhoek 'n vonnis van 30 jaar opgelê nadat hy vier jaar gelede sy meisie doodgeskiet het.
Die sakeman van Khorixas het op 12 November 2016 op Otjiwarongo sy meisie van vyf jaar en ma van hul twee dogters, me. Rigarda Matrilen Toatite !Notani !Noabes, ses keer met 'n ongelisensieerde vuurwapen geskiet. Sy is glo op slag dood.
Gawaseb het op 28 Julie vanjaar skuldig gepleit op 'n klag van moord, met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld saamgelees, asook twee klagte ingevolge die wet op wapens en ammunisie.
Gawaseb en die oorledene was albei glo onder die invloed van drank toe sy vir hom sê dat sy by ander mans geslaap het. Volgens Gawaseb het hy sy humeur verloor en haar geskiet.
Die nadoodse ondersoek het bepaal !Noabes is drie keer in haar rug geskiet, wat aandui Gawaseb het aangehou om haar te skiet terwyl sy probeer vlug het.
Gawaseb moes Maandag in die hoërhof vir vonnisoplegging verskyn, maar vanweë die uitbreking van Covid-19 in die Windhoek Sentrale Gevangenis kon hy nie die verrigtinge bywoon nie. Regter Christie Liebenberg het nietemin beslis Gawaseb se vonnisuitspraak sal in sy afwesigheid gelewer word.
Gawaseb is 28 jaar gelede ook vir poging tot moord aangekla. Die feit dat die 2016-insident nie sy eerste oortreding is nie, was volgens Liebenberg 'n groot faktor in sy beslissing.
Die eerste voorval was na bewering ook met 'n ongelisensieerde vuurwapen gepleeg en ook teen iemand met wie hy in 'n romantiese verhouding was.
“Dit weerspieël die verdagte se karakter en ek is oortuig hy is 'n moontlike gevaar vir die samelewing,” het Liebenberg gesê.
Uittarting
Volgens Gawaseb het die oorledene hom uitgelok. Sy het vir hom verskeie kere gesê dat sy by ander mans slaap.
Gawaseb het getuig dit het hom ontstel en hy het daardie nag in 'n oomblik van swakheid opgetree.
Hy het verder getuig die oorledene het hom emosioneel mishandel.
Liebenberg het gesê: “Hoewel die oorledene glo die verdagte uitgelok en getart het, regverdig dit nie die verdagte se wrede daad nie.”
Die staat het aangevoer Gawaseb moet lewenslange tronkstraf kry, maar Liebenberg het beslis vanweë Gawaseb se ouderdom sal lewenslange tronkstraf nie regverdig wees teenoor hom óf sy kinders nie. Gawaseb het 'n kans om na die samelewing terug te keer.
Hy is 28 jaar gevonnis op die klag van moord, 'n bykomende twee jaar vir die onwettige besit van ammunisie en nog twee jaar vir die gebruik van 'n ongelisensieerde vuurwapen.
Die tydperk wat Gawaseb reeds in aanhouding is, word in berekening gebring en die oorblywende tronkstraf is 30 jaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie