Sakaria reg om New York te skud

'n Skoksege sal die Namibiër gewis op die radar bring van die wenner van die hoofgeveg van die aand – wat juis om die wêreldtitel in sy gewigsklas is.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die oomblik waarvoor die Namibiese veergewigbokser Sakaria Lukas nog sy hele loopbaan gewerk het, breek môreaand aan met sy historiese geveg teen die gewese wêreldkampioen Jessie Magdaleno van die VSA.

Lukas word die eerste Namibiese vegter wat een van boks se hoogste heiligdomme – die Madison Square Garden-arena in New York – betree vir sy nietitelgeveg teen Magdaleno.

Op 35-jarige leeftyd word Lukas steeds deur sy aanhangers as 'n goed bewaarde geheim in die bokswêreld beskryf. Hy hou die Wêreldboksorganisasie (WBO) se Afrika-titel reeds sedert Junie 2016 en het 'n skoon beroepsrekord van 23 oorwinnings (16 uitklophoue) sonder 'n verlies.

Nogtans sal die Amerikaner loshande die beste uitdager wees teen wie hy nóg te staan gekom het.

Magdaleno (27-1, 18 uitklophoue) is heelwat jonger (28 jaar), maar het reeds die glorie gesmaak dat hy in 2016 die WBO se superweltergewig wêreldtitel by die Filippynse veteraan Nonita Donaire afgeneem het.

Magdaleno het hierdie titel een keer met sukses verdedig (deur Adeilson Dos Santos in 2017 uit te slaan), maar het hom toe vasgeloop teen die Ghanees-gebore Brit, Isaac Dogboe, wat hom in 2018 uitgeslaan en van sy wêreldgordel ontneem het.

Die Amerikaner se hoër vlak van kompetisie die afgelope jare as waaraan die Namibiër blootgestel was (met oorwinnings teen manne soos Rafael Rivera, Rico Ramos, Nonito Donaire, Rey Perez, Erik Ruiz en Roberto Castaneda), kan die deurslaggewende aanduider wees dat wedders op hom se geld straks veiliger is.

Voeg hierby dat Magdaleno ook die meer suksesvolle amateur-ondervinding gehad het, as voormalige nasionale Golden Gloves-kampioen in die VSA. Sy linkshandige veghouding is ook iets waarby Lukas sal moet aanpas.

Die Namibiër het nog net een keer tevore buite sy landsgrense deur die kryttoue geklim, naamlik toe hy die onervare Zimbabwiër Ndodana Ncube in Mei verlede jaar in Harare in die agtste ronde gaan uitslaan het.

Regdeur sy beroepsloopbaan het Sakaria sy erns en ambisie om 'n wêreldkampioen te word, ondubbelsinnig gewys deur in goeie liggaamlike kondisie te bly en in die kryt met doelgerigtheid te veg. Die groot vraag is egter of hy die tegniese styl van Magdaleno sal kan hanteer.

“Hierdie is 'n geveg wat Magdaleno oortuigend en op indrukwekkende wyse behoort te wen. 'n Uitslag in Lukas se guns sal as 'n massiewe opskudding beskou word. 'n Geveg teen Shakur Stevenson (WBO-wêreldtitelhouer, VSA) is vir Magdaleno op die horison indien beide hul gevegte Saterdagaand wen,” skryf Boxinginsider.com.

Magdaleno teen Lukas is die hoofvoorgeveg van die aand, in die opbou na Shakur Stevenson (29-3, 25 uitklophoue) se verdediging van sy WBO veergewigkroon teen die ervare Miguel Marriaga van Colombia (27-1, 18 uitklophoue).

Volgens Maxboxing.com het Magdaleno erken dat dit juis vegters is van wie mense nog nie tevore gehoor het, wat die gevaarlikes is.

“Maar met my huidige ingesteldheid dink ek nie enigiemand kan my klop nie. Ek en my afrigter (Jorge Capetillo) kyk vorentoe. Ek wag maar net om te sien wie is volgende, maar eers moet ek my besigheid met Lukas afhandel. Sodra ek dit gedoen het, sal ek die reg hê om enige van die kampioene uit te daag.”

Volgens Maxboxing.com het Lukas gesê: “'n Desert Storm is na New York op pad met die naam Sakaria Lukas. Hierdie storm se teiken is die verwoesting van Jessie Magdaleno.”



AMERIKAANSE GEVEGSFRONT

Oorwinnings vir Namibiese boksers op Amerikaanse bodem bly maar dun gesaai en daarom het Sakaria 'n kans om 'n betekenisvolle deurbraak te maak.

Die uitgetrede veteraan Frans (Rambo) Hantindi, wat in die middel 2000's in die VSA gebaseer was, het as weltergewig een van sy sewe gevegte in Amerika gewen, toe hy Omar Davila in 2006 uitgeslaan het.

In onlangse jare het al drie Namibië se voormalige wêreldkampioene – Paulus (Hitman) Moses, Paulus (The Rock) Ambunda en Julius (Blue Machine) Indongo – asook die middelgewig Walter (Executioner) Kautondokwa met leë hande teruggekeer van hul titelgevegte in Amerika.

Laas Augustus het Indongo hom weer op die terugkeerpad begewe toe hy Carltavius Johnson (VSA, vier gewen, een verloor) in Tuscaloosa binne twee rondes gaan uitslaan het. Vir die Namibiër – 'n gewese houer van drie wêreldtitels – behoort sulke onervare opposisie egter as geen noemenswaardige prestasie gereken te word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.98/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0083 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.98/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0083 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56%