Sagte reën val oor sentraal-Namibië
Ronelle Rademeyer - Sagte neerslae kom reeds van vroegoggend (Maandag) op sommige plekke in die sentrale deel van die land voor. Die bemoeilik toestande op die paaie, met duisende voertuie wat besig is van die kus en die Noorde in die rigting van Windhoek te beweeg.
Celeste Van Der Merwe? het om 09:45 ‘n foto op die Facebook-blad Reën In Namibia geplaas wat wys hoe dit 40 km wes van Usakos lyk. In Windhoek is dit ook toegetrek, met ligte buie wat elke dan en wan uitsak.
Volgens Storm Report SA kan neerslae nog vir die res van die week oor veral die sentrale en westelike dele van die land voorkom.
Namibië se sentrale damme, Swakoppoort en Von Bach, was Saterdag onderskeidelik 48,14% en 58.84% vol.
Harde buie met neerslae van 50 mm en meer het voor die langnaweek oor die Noordweste voorgekom. Dié streek se reënval het vanjaar later gekom as in die sentrale, noordelike en oostelike dele.
'n Video het die naweek op sosiale media gesirkuleer van die oorstroomde slaghuis op Kamanjab. Dit wys hoe water deur die perseel stroom.
Die Omarururivier het Donderdag ook weer vir die soveelste keer die seisoen in volle vloed afgekom het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie