Safa al-Ahmad: Olie op Saoedi se vuur

’n Veelbekroonde joernalis, filmmaker en voormalige vriendin van die vermoorde joernalis Jamal Khashoggi vertel hoe dit voel om nooit weer na jou eie land te kan terugkeer nie.
Karin Eloff
Karin Eloff - Sy glo nie in trou nie. Sy glo nie in kinders kry nie. Haar aftreeplan? ’n Bullet in die kop.

En nee, Safa al-Ahmad (42), veelbekroonde ondersoekende joernalis en filmmaker, se hele lewe gaan nie oor haar woede oor wat in haar geboorteland, Saoedi-Arabië, aangaan of oor haar vriend en kollega Jamal Khashoggi se moord nie.

Dit gaan oor joernalistiek. Oor die waarheid.

“Ek wil net aanhou om daai vrae te vra wat niemand durf vra nie,” sê Safa by die hotel waar sy tydens haar eerste besoek aan Namibië tuisgaan. Dis haar laaste dag in die land en sy’s nie ’n happy camper voor sy nie haar eerste koppie koffie in het nie.

“Ek leef van koffie,” het sy vroeër die week gesê, kort voor sy as gasspreker by die Redakteursforum van Namibië (EFN) se toekenningsaand vir topjoernalistiek in Windhoek opgetree het.

Safa skyn ’n helder, ongemaklike lig op veral menseregtevergrype in Saoedi-Arabië, en is sedert 2014 ’n uitgewekene ná haar skokkende dokumentêr, Saudi’s Secret Uprising, in 2014 op BBC uitgesaai is.

Dit gaan oor hoe inwoners van die Ooste van Saoedi-Arabië veral sedert 2011 in opstand begin kom het teen politieke onderdrukking en korrupsie.

Betogers het die vrylating van politieke gevangenes, deursigtigheid en regverdigheid van die regbank geëis, asook gelyke regte vir alle burgers. Ondanks die heersende prins Mohammad bin Salman se sogenaamde hervormings het daar dadels hiervan gekom, sê Safa.

Tydens opstande is aktiviste gevange geneem, mense is doodsvonnise opgelê vir wat hulle op sosiale media van die owerhede sê, en selfs digters is in tronke gestop.

Ná dié dokkie, een van verskeie oor die Midde-Oosterse konflik op Safa se kerfstok, is sy met die dood gedreig en aangeraai om nie na haar geboorteland terug te keer nie.

Nooit weer nie.

Geen tipiese klein dogtertjie

As klein dogtertjie het Safa nie soos ander dogtertjies gedroom van haarself in ’n trourok, of name vir haar ongebore kinders uitgedink nie. Sy wou Amerika se president word. Sy’t eers later ontdek daarvoor moet mens ’n Amerikaanse burger wees, lag sy.

Haar lekkerste herinneringe aan haar kinderjare is van fietsry en rolskaats. Sonder sorge. In die straat. Op en af.

“Saoedi was toe veiliger. Ek kyk nou na my vriende se kinders wat in klein woonstelletjies bly. Hulle het nie daai vryheid nie.”

’n Ander gunstelingherinnering is aan visvang saam met haar pa.

“Ons het elke naweek gaan nette uitgooi om vis te vang. Dit was natuurlik voor die Golf-oorlog. Dan het ons die vis gebraai. Daai soort reuke is wat ek uit my kinderjare onthou.”

Joernalistiek was nie in daardie dae ’n gerespekteerde loopbaan in haar land nie, sê Safa. Eers op hoërskool het sy besef hoe dapper joernaliste is.

“Toe eers het ek besef dis iets wat ek dalk kan doen,” sê sy.

Jy meen jy wou nie by die sirkus aansluit nie?

“Nee-nee! Daar wás nie eers sirkusse in Saoedi nie! Ons het dit seker eers ’n jaar of wat gelede gekry,” sê sy.

‘Joernalistieke weeskind’

Ondanks mooi herinneringe aan haar kinderjare besef Safa sy kan nooit weer na haar geboorteland terugkeer nie. Sy verwys na haarself as ’n “joernalistieke weeskind” en sê die naaste wat sy aan ’n huis het, is haar tas.

Hoewel dit tragies klink, sê Safa sy is versot op haar lewe en haar werk.

Maar die gemis bly.

“Ek mis dit om huis toe te gaan, om met vriende uit te hang, om strand toe te gaan – al daai goed wat deel van my identiteit is. Jou identiteit ontwikkel tog uit die land waarmee jy identifiseer,” sê sy.

Haar grootste vrees is dat sy uit voeling met Saoedi-Arabië sal raak. Omdat sy ’n uitgewekene is, is sy nie daar om die lewe “op voetsoolvlak” te ervaar nie, sê sy.

“Veral omdat dit ’n plek is waar joernalistiek so swak is, en glad nie onafhanklik is nie. Ek kan nie net ’n artikel lees of ’n video kyk en weet wat daar aangaan nie.”

Dít is volgens Safa die grootste nadeel van haar ballingskap.

Dat menseregte steeds nie ’n spikkel op die horison in Saoedi-Arabië is nie, weet sy vir seker – selfs al is daar twee menseregteorganisasies in die land.

“Die een is ’n regeringsorganisasie en die ander een is na bewering onafhanklik, maar word steeds beheer,” sê sy.

“Hulle sal maklik iets ’n nieregeringsorganisasie noem om sekere illusies te skep . . . ”

En die prins se hervormings? Is dit ook net ’n illusie?

“Ja, en nee. Baie van die ekonomiese hervormings maak sin,” sê sy, maar van die res is sy nie oortuig nie.

Jamal Khashoggi

Geheimhouding is steeds aan die orde van die dag, en die manier waarop haar vriend en kollega Jamal Khashoggi se moord ’n jaar gelede op 2 Oktober hanteer is, bewys dit.

Khashoggi, wat die owerhede as joernalis gereeld gekritiseer het, het op dié dag in die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel ingestap om nooit weer lewend gesien te word nie. Sy verloofde het buite vir hom gewag. Ure lank. Tevergeefs.

Verdagtes is uiteindelik aangekeer, maar hul verhore het eenvoudig doodgeloop, sê Safa.

Tog het Khashoggi se seun onlangs op Twitter gesê hy het volle vertroue in sy land se regstelsel. Hoe kan dit wees? Is hy gebreinspoel?

“Ek wil glad nie hieroor praat nie,” sê Safa. “Sy kinders is in ’n posisie geplaas waarvoor hulle nie gevra het nie. Ek dink nie ons is in ’n posisie om wat hulle sê, te oordeel nie.”

Eer om vrae te vra

Ondanks haar onderliggende frustrasie en woede oor omstandighede in haar geboorteland wil Safa nooit ophou doen wat sy doen nie.

“Dis so ’n eer om as joernalis in ’n vertrek in te stap en vrae te vra wat niemand durf vra nie. Jy het die mag om te vra, om ’n getuie te wees. Ek doen hierdie nie vir my land nie, ek doen dit omdat ek dink ons as joernaliste het mag, en dis ’n voorreg om hierdie goed te kan doen.”

Safa het ook verskeie ander projekte wat haar besig hou, wat nié oor die konflik in die Midde-Ooste gaan nie, sê sy.

“Ek glo ons moet baie meer oorgrens ondersoeke doen. Ek wil na hierdie streek terugkeer en kyk watse stories ons saam kan ondersoek, wat vir beide die Arabiese wêreld en Afrika van belang is,” sê sy.

Is sy bang vir die dood?

“Dis irrasioneel om iets te vrees waaroor jy geen beheer het nie; dis onafwendbaar,” sê sy.

Sy weet sy word dopgehou, en “ek bereken en herbereken my risiko’s voortdurend”.

Sy hoop sy kan tot haar dood ’n joernalis bly.

“Ek grap altyd dat my aftreeplan ’n bullet in die kop iewers op die gevegsfront is.”

Dis ’n grap, maar ook nie ’n grap nie, sê sy.

Kassie 1: Wat gaan in Saoedi-Arabië aan?

- Saoedi-Arabië is die grootste soewereine staat in die Midde-Ooste. Kroonprins Mohammed bin Salman is die land se heerser, wat die koninkryk oënskynlik in ’n moderne staat wil omskep.

- Saudi-Arabië en Iran is in ’n bloedige stryd vir oorheersing van die streek gewikkel.

- In Iran is die meeste mense Sjiïetiese-Moslems en in Saoedi-Arabië is die meeste Soenni-Moslems.

- Bin Salman voer oorlog teen die Houthi-rebelle in Jemen. Beide kante wil beheer van dié Saoedi-Arabiese buurland kry.

- Saoedi-Arabië is vir die VSA van belang weens hul produksie van olie.

- Pres. Donald Trump se skoonseun het sterk bande met Bin Salman.

- Trump het ná die Saoedi-Arabiese joernalis Jamal Kashoggi se moord op 2 Oktober 2018 in die Saoediese konsulaat in Istanboel belowe streng strafmaatreëls sal ingestel word indien die Saoedi-Arabiese koninkryk daarby betrokke is. Die Verenigde Nasies se ondersoek het bevind die koninkryk was wél betrokke.

- Trump handhaaf betrekkinge met die land, maar het saam met Kanada, Frankryk en die Verenigde Koninkryk sanksies teen die 18 Saoediërs ingestel wat glo by die moord betrokke was.

- Duitsland, Finland en Denemarke het ná Kashoggi se moord wapenooreenkomste met Saoedi-Arabië gekanselleer.

- Amerika se sentrale intelligensieagentskap (CIA) het bevind Bin Salman het die opdrag vir Khashoggi se moord gegee. Trump ontken dit.



Kassie 2: Meer oor Safa al-Ahmad

- Sy was die regisseur van onder meer Saudi’s Secret Uprising, The fight for Yemen en Targeting Yemen.

- Sy het vanjaar die Wêreldvereniging van Koerante en Nuusuitgewers se Goue Pen van Vryheid namens Jamal Khashoggi ontvang.

- In 2017 het sy twee Emmy-toekennings verower.

- In 2015 wen sy die Index on Censorship Freedom of Expression-toekenning vir joernalistiek, die El Mundo-toekenning en die Canadian Journalists for Free Expression (CJFE) International Press Freedom-toekenning.

- In 2014 wen sy ’n toekenning vir Saudi’s Secret Uprising.

- Haar skryfwerk oor die opstande in die Arabiese wêreld is in Penguin-uitgewers se versameling Writing Revolutions gepubliseer, waarvoor sy ’n Engelse Pen ontvang het.

- Op 3 Oktober het die EFN ’n afskrif van die Windhoek-deklarasie postuum aan Khashoggi toegeken, wat Safa namens hom ontvang het.

- Safa en verskeie ander Saoediese joernaliste wat uitgewekenes is, versprei gereeld podsendings oor toestande in hul land op SoundCloud en Twitter. Dit is net in Arabies beskikbaar, juis sodat Saoediërs dit kan verstaan.



Bykomende bronne – reuters.com, bbcnews.com, bbc.co.uk, wikpedia, wan-ifra.org

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026