SADC-visbedryf werk saam

Lewering verbeter in vyf jaar

26 March 2019 | Visserye
Augetto Graig - Suider-Afrikaanse lande berei hulle tans voor vir samewerking om visserye in die streek te bestuur, akwakultuur te bevorder en visvoorraad te monitor.

Die tegniese komitee oor visserye vir lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het onlangs in Windhoek vergader.

Dr. Moses Maurihungirire, uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van visserye en mariene hulpbronne, het verlede Woensdag terugvoering hieroor verskaf.

Maurihungirire het gesê die stand van visvoorrade is bespreek, asook die toepassing van SADC-protokol op visserye.

Dié protokol verskaf riglyne vir die bestuur van die visbedryf in die streek.

Volgens leweringsyfers het Angola in 2017 die meeste vis gevang – ’n hele 414 359 metrieke ton.

Namibië en Suid Afrika volg kort op Angola se hakke.

Wat akwakultuur betref, het Zambië die voortou geneem met 32 000 metrieke ton, gevolg deur Madagaskar.

Die besluit is geneem om akwakultuur te bevorder om sodoende ’n groter bydrae tot voedselsekuriteit te lewer, en aangesien wilde vis-bronne maksimaal benut is.

Namibië se minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, sal na verwagting binnekort die handves onderteken vir die totstandkoming van ’n mariene monitering-, beheer- en toesigsentrum in Maputo, in Mosambiek.

Die SADC se tegniese raadgewer oor visserye, dr. Motseki Hlatshwayo, sê 13 lidlande het aan die vergadering deelgeneem.

Angola, Seychelle en Madagaskar het dié 37ste byeenkoms nie bygewoon nie.

Hlatshwayo het benadruk geen oorbenutting van visbronne is in die streek gevind nie.

Trouens, die lewering van vis in die streek het die afgelope vyf jaar verbeter, danksy die beter bestuur en herstel van visvoorrade in waters rondom die subkontinent, het hy gesê.

Wat akwakultuur betref, het lewering die afgelope twee tot drie jaar toegeneem van sowat 56 000 metrieke ton tot die huidige 110 000 metrieke ton.

Volgens hom is ’n verbetering in SADC-burgers se deelname aan vissery-aktiwiteite ook goeie nuus.

“Meer mense is aktief in die sektor en geleenthede word geskep. Ons het ook ’n studie oor die deelname van vroue en die jeug onderneem. Hulle moet aangemoedig word om aan geleenthede in die visbedryf deel te neem. Ons probeer wys die visbedryf is net so belangrik soos ander om dit gewild te maak. Ons besef die finansiële uitdagings en het banke reeds hieroor genader,” het hy gesê.

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

1 uur gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

3 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

18 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

18 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

18 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

18 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...