SADC-ministers vergader in hoofstad
Klem sal gelê word op infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug vir volhoubare ontwikkeling.
Elvira Hattingh – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se ministeriële raadsvergadering vind Vrydag en Saterdag in Windhoek plaas. Op dié twee dae sal die SADC se ministers streekkwessies en verskeie strategiese dokumente bespreek. Die raad sal ook vorderingsverslae ontvang oor die toepassing van voorkeurgebiede soos vervat in die streek se hersiene stratiegiese ontwikkelingsplan vir 2015 tot 2020 (RISDP).
As die raad se huidige voorsitter sal me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, die vergadering lei.
Verder moet die implementering van die 38 SADC-beraad hersien word met die fokus op infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug vir volhoubare ontwikkeling. Die SADC-sekretariaat se begroting vir die 2019-’20-boekjaar moet ook goedgekeur word.
Dié vergadering is Maandag voorafgegaan deur ‘n vergadering van die SADC se staande komitee van senior amptenare, asook deur ‘n vergadering van hul finansiële komitee gister.
Die raad vergader jaarliks in Maart en Augustus.
Amb. Selma Ashipala-Musavyi, permanente sekretaris van internasionale betrekkinge en samewerking en voorsitter van die SADC se staande komitee van senior beamptes, het Madagaskar en die Demokratiese Republiek die Kongo gister tydens die opening van die geleentheid gelukgewens met suksesvolle verkiesings, wat binne die raamwerk van SADC-beginsels en riglyne gehou is.
Sy het bygevoeg die rede vir die vergadering is om die lewens van miljoene mense in die SADC te verbeter.
Sy het gesê die SADC se programme en projekte word goed beplan, maar die toepassing daarvan vind soms “teen ’n slakkepas” plaas.
Sy sê lidlande moet seker maak die beraad se besluite word doeltreffend toegepas.
“Een van ons hoofprioriteite is nywerheidsontwikkeling, wat sal help dat ons volhoubare ekonomiese groei, asook volhoubare ontwikkeling kan bereik. Hierdie is ‘n beproefde en doeltreffende platform om werk vir die jeug te skep en om welvaart te bewerkstellig,” het sy gesê.
Ashipala-Musavyi het bygevoeg die beraad se tema, naamlik die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug, is gepas.
“Die goeie doel van jeugbemagting kan slegs bereik word indien lidlande doelbewuste beleide skep om werkloosheid onder die jeug aan te spreek, werk te skep en te sorg vir opleiding in verwante ekonomiese sektore,” het sy gesê.
Ashipala-Musavyi het gesê die beoogde begrotingsbespreking is ook belangrik.
“Ons moet ‘n betekenisvolle bydrae deur ons aktiwiteite lewer om seker te maak die programme en projekte waarvoor begroot is, word dienooreenkomstig toegepas . . .”
Volgens haar sal doeltreffende beplanning help om die agenda van nasionale integrasie te bereik, asook die AU Agenda van 2063.
Die ministeriële raad bestaan uit ministers van elk van die 16 lidlande – gewoonlik dié wat verantwoordelik is vir buitelandse sake en internasionale verhoudinge, ekonomiese beplanning, finansies of handel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie