SADC-beraad: Jeug pleit vir vrede
Staatshoofde gaan versoek word om jongmense by kwessies van vrede en veiligheid in die Suider-Afrikaanse streek te betrek.
Dít deur die Internasionale Jeuggroep vir Vrede (IPYG), in samewerking met die Nasionale Jeugraad van Namibië en die Namibië Jeugontwikkelingsorganisasie, tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se beraad in Windhoek.
Die IPYG gaan eerskomende Saterdag om 18:00 'n gesprek onder die tema “Ons is een” by die beraad aanbied.
“Terwyl SADC-leiers oor die tema van jeugbemagtiging vir volhoubare ontwikkeling beraadslaag, ly die jeug onder politieke geweld en korrupsie in Zimbabwe, Lesotho, Madagaskar en die Demokratiese Republiek die Kongo,” sê die IPYG se mediawoordvoerder, mnr. Roberto Goreseb, in 'n mediaverklaring.
KULTUUR VAN VREDE
Hy sê jong leiers met 'n visie vir vrede en stabiliteit onderneem om hulle voortdurend vir wat reg en regverdig is te beywer, en pleit dat 'n kultuur van vrede eerste op die beraad se agenda moet wees. “Ons doen 'n beroep op staatshoofde om verantwoordelikheid te neem vir die rol wat die jeug as agente vir verandering in die behoud en bevordering van vrede en stabiliteit volgens die Afrikajeughandves moet speel,” het Goreseb gesê.
“As die presidente nee sê vir 'n vergadering met jong leiers, is dit soos om nee te sê vir vrede en die beëindiging van oorlog vir hierdie generasie,” het mnr. Macarios Shimwandi, Namibië se IPYG-verteenwoordiger, gesê.
Die IPYG is 'n internasionale nieregeringsorganisasie met 111 takke wêreldwyd, waarvan 40 in Afrikalande is.
Die groep werk op voetsoolvlak saam met burgerlike samelewingsorganisasies en plaaslike regerings om sosioëkonomiese kwessies soos geweld, konflik en die gebruik van die jeug as oorlogsinstrumente te pak.
Hul visie is om 'n kultuur van vrede onder die wêreldjeug te skep en om hulle aan te moedig om die toonbeeld van redelikheid en gewete te wees om leiers en wetstoepassers te inspireer om die samelewing van konflik af weg te lei.
Die organisasie werk saam met regerings, navorsingsinstellings en interregeringsorganisasies vir staatshoofde wêreldwyd se aanvaarding van die Deklarasie vir Vrede en die Beëindiging van Oorlog (DPCW).
“DPCW is 'n nuwe internasionale regsinstrument wat deur die Internasionale Regsvredeskomitee (ILPC) geskep is wat Agenda 2063 bevorder, wat 'n visie vir 'n vreedsame en vuurwapenvrye Afrika ondersteun,” lui die mediaverklaring.
“Die stigter van die IPYG, Man Hee Lee, ook die voorsitter en 'n Koreaanse oorlogsveteraan, sal vergaderings by die beraad hou om die belangrike boodskap van wêreldvrede te bevorder.”
Me. Celine Mpareke, ook 'n Namibiese IPYG-verteenwoordiger, sê: “Om oorlog te beëindig en wêreldvrede te bereik, is nie die werk van enkele individue nie, maar is 'n gemeenskaplike doel van die mensdom.
'n President kan nie sonder 'n nasie en sy mense bestaan nie. Luister na die jeug en ondersteun hul pleidooi vir vrede.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie