Sabbatsverlof vir Kiwi
Rugby
Die All Black-heelagter Ben Smith gaan sabbatsverlof neem.
Smith (31) se kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) bevat ’n klousule wat hom toelaat om verlof van die spel te neem.
Smith se verlof gaan ná die All Blacks se kragmeting teen Australië op 26 Augustus in werking tree. Dit beteken dat hy die Nieu-Seelanders se oorblywende vier wedstryde in die Rugbykampioenskap sal misloop.
Voormalige Kiwi’s soos die flank Richie McCaw, losskakel Dan Carter en die senter Conrad Smith het soortgelykte klousules in hul kontrakte met die NZR gehad.
Smith het die veld verlaat in die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus met vermoedelik harsingskudding, wat later geblyk het oorontsteking te wees. – telegraph.co.uk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie