SA verkiesings: Beloftes en nogmaals beloftes
SA verkiesings: Beloftes en nogmaals beloftes

SA verkiesings: Beloftes en nogmaals beloftes

Llewellyn Prince – Die ANC wil ná verskeie termyne in beheer van die meeste munisipaliteite ná die komende plaaslike verkiesings skielik alle paaie, slaggate, riool- en gebreekte waterpype landwyd herstel.

Die DA wil inwoners van munisipaliteite van Eskom se beurtkrag bevry, terwyl die EFF welvaartsbelasting in munisipaliteite wil instel om arm huishoudings te subsidieer.

Die IVP wil gratis WiFi aan almal gee en die VF Plus wil kaderontplooiing en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) stopsit.

Bogenoemde is van die beloftes wat die vyf grootste politieke partye in Suid-Afrika in hul onderskeie verkiesingsveldtogte aan kiesers maak. Tans deurkruis hulle die land om kiesers vir oulaas te oorreed om op 1 November vir hulle te stem. Sowat 320 partye gaan in dié verkiesings meeding.

Prof. Amanda Gouws, 'n politieke ontleder aan die Universiteit Stellenbosch, meen van dié beloftes is “so verregaande dat dit aan die absurde grens”.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer