SA vandag na stembus
SA vandag na stembus

SA vandag na stembus

Alle oë in die streek is op Suid-Afrika, waar die algemene verkiesing vandag plaasvind.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Kwarteeu ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 in Suid-Afrika gehou is, keer die buurland vandag weer stembus toe vir 'n algemene ver­kiesing wat ontleders as 'n perd van 'n ander kleur beskou – grootliks vanweë die ontnugtering en teleurstelling by kiesers.

Die jongste peilings wys die regerende African National Congress (ANC) sowel as die Demokratiese Alliansie (DA) gaan steun verloor, met die Economic Freedom Fighters (EFF) wat meer stemme kan verwag.

Die ANC het in die vorige verkiesing vyf jaar gelede 62,2% van die stemme op hom verenig.

Volgens die verkiesingspeiling wat die marknavorsingshuis Ipsos gisteroggend bekend gemaak het, sal die ANC vandag die party wees wat deur 'n lae sowel as 'n hoë stemopkoms-scenario bevoordeel gaan word.

Ipsos se peilings die afgelope maande toon die ANC kan meer as 60% van die stemme op hom verenig.

Daarteenoor toon die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR) se finale meningspeiling die ANC gaan minder as 55% van die kiesers se kruisies kry.

Die ANC gaan nie onttroon word nie, sê die oud-Namibiër en politieke wetenskaplike verbonde aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, dr. Piet Croucamp.

“Die vraag is hoeveel skade die ANC in hierdie verkiesing gaan ly. En wat in die verkiesings ná hierdie verkiesing gaan gebeur,” meen hy.

Hy sê die wegbly-stem kan in hierdie verkiesing die ANC groter skade as die opposisiepartye berokken.

“Die stempersentasie was 73% in die 2014-verkiesing. Ek sal nie verbaas wees as dit in hierdie verkiesing minder as 70% is nie,” sê hy en voeg by 'n swakker opkoms kan die kleiner partye bevoordeel.

Croucamp glo hoewel die DA se mnr. Mmusi Maimane gaan kleitrap in die Wes-Kaap waar hy regeer, sal dié party wel die mas kan opkom.

“In Gauteng is dit heeltemal moont­lik dat die ANC in 'n koalisieregering gedwing gaan word,” sê hy.

Mnr. Gareth van Onselen, die SAIR se hoof van politiek en regering, het Maandagoggend op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê vandag se verkiesing sal die vloeibaarste nasionale verkiesing tot nog toe wees, berig Netwerk24.

Aanduidings is volgens hom dat geen party 'n volstrekte meerderheid in Gauteng sal behaal nie, maar die DA behoort die Wes-Kaap ondanks sy interne probleme te behou.



'BAIE OP DIE SPEL'

Dr. Collette Schulz-Herzenberg, van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, sê baie is in hierdie verkiesing vir die ANC op die spel.

“Ná die ontnugtering oor pres. Jacob Zuma en die gebeure rakende staatskaping en korrupsie het (pres. Cyril) Ramaphosa 'n nuwe daeraad vir Suid-Afrikaners beloof.

“Dit mag wees dat kiesers so ontnugter is en tot so 'n mate belangstelling verloor het, dat die opkoms by die stembusse baie swak gaan wees. Daar heers onsekerheid daaroor.

“Verkiesingspeilings wys die ANC sowel as die DA het steun verloor, met die EFF wat beter vaar,” sê Schulz-Herzenberg.

Sy verwag die ANC gaan nie in Gauteng die meerderheidstem behou nie en sal met mnr. Julius Malema se EFF 'n koalisieregering moet vorm.

'n Koalisieregering kan dalk ook die DA se lot in die Wes-Kaap wees, sê sy.

Ipsos se peiling toon ook 33% van geregistreerde kiesers voel die land beweeg in die regte rigting, terwyl 52% meen dit is nié die geval nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026