SA ‘tot stilstand gedwing’

Die vakverbond Cosatu se eendag staking gister het gepaardgegaan met massa-optogte oor die land heen. Cosatu het bevestig dat al 18 geaffilieerde vakbonde aan die staking gaan deelneem. Cosatu wil deur ’n nasionale staking druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om onder meer daadwerklik met korrupsie af te reken, die ekonomiese situasie waarin die land hom bevind, op te los en probleme wat werkers raak, ernstig op te neem. Hier is lede van Cosatu tydens gister se staking by New Town, Johannesburg. Foto Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer