SA toerisme kry kompetisie uit Afrika
SA toerisme kry kompetisie uit Afrika

SA toerisme kry kompetisie uit Afrika

Die internasionale lughawens in Windhoek en Gaborone speel ook 'n rol om passasiers te lok omdat daar meer regstreekse vlugte daarheen is.
Jo-Mare Duddy Booysen
Suid-Afrika is nie meer die oudste kind wat al die aandag kry wanneer dit by toeriste kom wat Afrika besoek nie.

Daar is boeties en sussies wat ook op hul beurt aandring.

Mmatsatsi Ramawela, uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA), sê Afrika word wakker en dit beteken Suid-Afrika gaan meer mededingers as voorheen hê.

Oos-Afrika groei teen 'n vinniger pas as die res van die vasteland en is besig om in 'n toenemend aantreklike bestemming vir toeriste te ontwikkel, sê die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

Die Lughawensmaat­skappy van Suid-Afrika (Acsa) se statistiek toon die hoeveelheid passasiers wat die Kaapstad-lughawe in 2016 gebruik het, het met 6,2% toegeneem.

Groei by die Koning Shaka-lughawe in Durban was 9% terwyl dit net 2,7% by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg was.

Die Koning Shaka-lughawe het sy deure in Mei 2010 oopgemaak en het R6,8 miljard gekos om te bou.

Groei by die O.R. Tambo-lughawe is egter getallegewys groter met dié lughawe wat bykans 20,4 miljoen passasiers verlede jaar hanteer het teenoor die 9,6 miljoen in Kaapstad en 2,1 miljoen in Durban by die Koning Shaka-lughawe. Die hoeveelheid passasiers wat in Suid-Afrika stop op pad na ander bestemmings het in September 2016 op 'n jaar-tot-jaar-grondslag met 7,5% afgeneem, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Chris Zweigenthal, uitvoerende hoof van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika (AASA), sê die Kaapstad-lughawe sal vanjaar die eerste keer meer as 10 miljoen besoekers ontvang.



Oos-Afrika

Ramawela sê verskeie lande in Oos-Afrika is besig om dit wat hulle aan toeriste bied te verbeter.

“Belangrike vergaderings word in Kigali, hoofstad van Rwanda, gehou.”

'n Nuwe internasionale konferensiesentrum is in Julie daar oopgemaak en dié stad het ook die vergadering van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Mei aangebied.

Die Bole- internasionale lughawe in Addis Abeba, Ethiopië, word tans uitgebrei en Ethiopian Airlines word as een van die suksesvolste lugdienste op die vasteland beskou.

Kenia, Rwanda en Uganda deel 'n toerismevisa. Dit is iets wat ander lande in Suider-Afrika baie kan help, sê Ramawela.

Die sukses van die Kaapstad- en Koning Shaka-lughawe word daaraan toegeskryf dat daar onder meer vlugroetes ingestel is waarvan die nuutste die Duitse lugdiens Lufthansa se nuwe vlug van Kaapstad na Frankfurt is.

Emirates het 'n derde daaglikse vlug tussen Kaapstad en Dubai ingestel terwyl British Airways ook drie nuwe vlugte tussen die Gatwick-lughawe en die Kaapstad-lughawe ingestel het.

Die Koning Shaka-lughawe het in die vierde kwartaal vanjaar vier vlugte per week na Ethiopië, vier na Katar, drie na Turkye en vier na Zambië by sy skedule gevoeg.



Namibië

Air Namibia vlieg ook nou van Windhoek na Gaborone in Botswana en dan na Durban en terug, sê Colin Naidoo, woordvoerder van die lughawe.

Dié vlug is vier keer per week beskikbaar met 'n kapasiteit van 37 passasiers en 500 kg bagasie.

Die internasionale lughawens in Windhoek en Gaborone sal nou ook 'n rol speel om passasiers te lok omdat daar meer regstreekse vlugte daarheen is, sê Zweigenthal.

Die Victoria-waterval in Zimbabwe het ook nou 'n internasionale lughawe en Ethiopian Airlines sal in Maart daarheen begin vlieg. Katar het ook aangedui hy stel belang om na die Victoria-waterval toe te vlieg, sê Zweigenthal.

“Afrika het net 2,5% van alle lugvervoer wêreldwyd, so daar is baie groeigeleenthede,” sê Zweigenthal.

Hy sê onlangse probleme met lang toue by immigrasie by die O.R. Tambo-lughawe en verwarring oor die onverkorte geboortesertifikate wanneer ouers met kinders reis, hou Suid-Afrika terug.

“Lang toue is orals 'n werklikheid, maar wat mense kwaad maak, is wanneer al die reistoonbanke nie beman word nie. Mense is geduldiger wanneer hulle sien daar is orals personeel.”

Hy het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, se aankondiging dat 'n bykomende 255 personeellede in die feestyd ontplooi gaan word om die druk by grensposte te help verlig, verwelkom.

'n Bykomende 92 personeellede sal by O.R. Tambo help. Gigaba het klem daarop gelê dat dit net 'n tydelike maatreël is en 'n meer volhoubare oplossing ná die feestyd gevind sal moet word.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) se Organisasie vir Wêreldtoerisme het internasionale aankomste tussen Januarie en September met 4% gestyg teenoor 'n jaar gelede.

Aankomste het met 8% in Afrika gestyg terwyl dit met net 2% in Europa gestyg het.

In Suid-Amerika was die styging 7%, daar was 4% meer in Noord-Amerika en 9% meer in Asië en Australië. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%