SA siekes drink net helfte van die tyd hul pille
Hanlie Stadler - 'n Groot persentasie mense op chroniese medisyne vul nie elke maand hul voorskrif nie.
Dis nie net op mediese vlak kommerwekkende nuus oor mense wat aan 'n chroniese – en selfs lewensbedreigende – toestand ly nie, dis ook slegte nuus vir die inkomste van apteekgroepe.
Dis-Chem sê in sy jongste resultate 50% van sy resepteerafdeling se verkope is vir chroniese medisyne. Maar mense wat nie daaraan herinner word om hul voorskrif op te tel nie, vul gemiddeld net sowat die helfte van hul voorskrifte elke jaar (die syfer is gemiddeld 6,3 keer uit 12 maande). Daarteenoor vul mense wat herinner word, gemiddeld 9,8 keer hul voorskrif.
Laasgenoemde mense bestee ook byna dubbeld eergenoemdes: R980 per besoek aan die apteek teenoor R480 vir mense wat nie aangepor word om apteek toe te kom nie.
Hoewel mense 'n nuwe voorskrif by hul dokter kan kry en dit by 'n ander apteek vul, sê Rui Morais, finansiële hoof van Dis-Chem, dis wêreldwyd 'n probleem dat mense omtrent net die helfte van die tyd hul chroniese medisyne gebruik.
Die situasie verander aansienlik sodra Dis-Chem pasiënte daaraan herinner dis tyd om hul medisyne te kom haal, hetsy deur 'n oproep of elektronies. Pasiënte wat herinner word, is 55% meer geneig om hul voorskrifte te kom haal as ander.
Die persentasie mense wat ook in die volgende 12 maande hul herhaalvoorskrifte by Dis-Chem self indien styg ook van 35% tot 60% - goeie nuus vir Dis-Chem se syfers.
In 'n proeflopie van drie maande by 'n Dis-Chem in Pretoria het verkope van chroniese medisyne met 18,5% gestyg nadat alle pasiënte met herhaalvoorskrifte herinner is om hul medisyne te kom haal. Dit het ook gehelp om die verkope van ander geskeduleerde medisyne met 7,1% te verhoog.
Op grond van dié syfers is dit nou Dis-Chem se teiken om alle pasiënte op chroniese medisyne te kontak op hul gekose manier, en hy belê heelwat geld in sy oproepsentrum en tegnologie soos sy Pack-My-Meds-app.
Medisyne verteenwoordig 35,6% van Dis-Chem se inkomste en die inkomste uit dié afdeling het in die boekjaar met 9,4% gestyg, ondanks die lae styging van net 2,6% verlede jaar in die enkeluitgangsprys – die maksimum prys wat apteke vir medisyne mag vra.
Byna 'n kwart (23,2%) van alle medisyne wat in Suid-Afrika verkoop word, word nou by Dis-Chem verkoop. Dit sluit alle apteke in, van groot kettingwinkels tot onafhanklike apteke, asook medisyne wat per koerierdiens afgelewer word.
Dis-Chem het sy markaandeel vir medisyne in die boekjaar met 'n halwe persentasiepunt verhoog, van 22,7 in die vorige boekjaar.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie