SA se beursies in 2017 toe vir tablette, slimfone
Niel Joubert - Suid-Afrikaanse ondernemings en verbruikers gaan in 2017 meer geld aan inligtingstegnologie (IT) bestee, maar minder aan rekenaars, tablette en slimfone.
Besteding aan IT in Suid-Afrika gaan in 2017 met 2,4% toeneem tot R266 miljard, volgens die navorsings- en adviesmaatskappy Gartner.
Sagteware gaan na verwagting die bes presterende segment wees en gaan op 'n jaargrondslag met 13,2% toeneem.
“Suid-Afrika het tradisioneel te min in IT belê,” sê John-David Lovelock, ontleder van Gartner.
“Suid-Afrikaanse ondernemings prioritiseer steeds beleggings in sagteware, want besteding aan sagteware is die manier waarop hulle met die res van die wêreld sal opvang.”
Bykans 5% laer
Besteding aan toestelle, waaronder rekenaars, tablette en slimfone, in Suid-Afrika gaan na verwagting met 4,6% daal. Verlede jaar is R38,4 miljard bestee en vanjaar gaan die besteding na verwagting R36,7 miljard beloop.
Aankope van toestelle deur ondernemings en verbruikers verlangsaam te midde van stygende pryse en met die verwagting van nuwe produkte.
“Dit gaan egter in 2018 verbeter,” sê Lovelock.
“Die bekendstelling van premium slimfone sal die besteding hieraan in 2018 met 3,8% laat toeneem.”
Besteding aan kommunikasiedienste, die grootste segment in Suid-Afrika, het in 2017 met 0,8% tot R122 miljard toegeneem.
“Prysmededinging tussen maatskappye, tesame met verbruikers wat uiters sensitief is oor pryse, verhoed beduidende groei in besteding in hierdie segment, ten spyte van 'n algehele toename in mense wat mobiele toestelle besit.”
Volgens Gartner kan die rand-dollar-wisselkoers 'n nadelige uitwerking op IT-besteding in Suid-Afrika hê.
“Ten spyte van 'n daling in die waarde van die rand teenoor die dollar die laaste paar weke, was die rand sterker teenoor die dollar in 2016 en dit sal help om die onlangse prysverhogings op bedieners en toestelle in toom te hou,” sê Lovelock.
Volgens hom moet Suid-Afrikaanse ondernemings egter by hul Europese eweknieë gaan kers opsteek.
“Hulle moet wisselkoersrisiko in alle IT-kontrakte uiteensit, seker maak langtermynkontrakte word in rand geprys en, waar moontlik, plaaslik probeer koop.” – Netwerk24
Besteding vanjaar*
· Datasentrumstelsels:
R8,1 miljard (1,2%)
· Sagteware: R28,2 miljard (13,2%)
· Toestelle: R36,7 miljard (-4,6%)
· IT-dienste: R70,9 miljard (5,6%)
·Kommunikasiedienste:
R112 miljard (0,8%)
*Groei is in hakies

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie