SA regsman, ACC kruis swaarde
SA regsman, ACC kruis swaarde

SA regsman, ACC kruis swaarde

’n Senior advokaat wat die Economic Freedom Fighters in SA, Swapo én die Fishrot-beskuldigdes verteenwoordig, moet ’n betaling van N$50 000 verduidelik.
Denver Kisting
Denver Kisting – Terwyl ’n storm tussen die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en ’n Suid-Afrikaanse advokaat, mnr. Tembeka Ngcukaitobi, woed oor ’n betaling van N$50 000 aan hom van Fishcor af, het die regering gister hieroor gebieg.

Dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, sê dié geld is aan Ngcukaitobi betaal vir ’n lesing by die regering se grondkonferensie in Oktober 2018.

Simataa het laat gistermiddag by navraag gesê ’n twee bladsy lange brief op ’n briefhoof van die kantoor van die eerste minister met sy handtekening is eg.

Volgens die kabinetsekretaris het die konferensie nie net logistieke en materiële insette geverg nie, maar dit was ook noodsaaklik om mense met geskikte kennis te nooi.

Derhalwe, sê Simataa, is Ngcukaitobi genooi om die regering te help om hul pad deur die moeilike kwessie van grondhervorming te vind.

Ngcukaitobi is die skrywer van The Land Is Ours: Black Lawyers and the Birth of Constitutionalism in South Africa.

Omdat die grondkonferensie ’n baie duur affêre was, het die regering staatsdiensondernemings (SOE’s) om hulp genader, sê Simataa.

Dít is glo hoe Fishcor N$50 000 aan Ngcukaitobi betaal het.

Die advokaat is Woensdag deur die ACC gedagvaar om dié betaling, wat in die sogenaamde Fishrot-ondersoek aan die lig gekom het, te verduidelik.

Die ACC het dié verwikkeling Woensdagaand by monde van sy woordvoerder, me. Josefina Nghituwamata, bevestig.

In ’n e-pos aan Republikein sê sy: “Dit is waar dat die ACC ’n dagvaarding beteken het op die SA regsgeleerde adv. Tembeka Ngcukaitobi, want die ACC wil ’n verduideliking hê oor geld wat in 2018 deur Fischcor aan hom betaal is.”

Volgens Nghituwamata word Ngcukaitobi nie in dié stadium as ’n sogenaamde Fishrot-verdagte beskou nie.

“Nie regtig nie. Ons koppel hom nie regtig aan die saak nie.”

Sy sê die teenkorrupsiewaghond beraadslaag met álmal wie se name in die Fishrot-dossier opduik om antwoorde te verskaf.

Die Windhoekse prokureur mnr. Lucius Murorua het gister namens Ngukaitobi gesê die Suid-Afrikaner is glo deur adv. Erna van der Merwe, adjunkdirekteur van die ACC, by die hof geroskam.

Dié beweerde gedrag is eie aan die ACC se misbruik van mag en die verontagsaming van regsreëls, sê Murorua.

Van der Merwe het gister die beweringe teen haar ten sterkste ontken.

Ngcukaitobi was die afgelope dae in Namibië om die ander Fishrot-beskuldigdes te verteenwoordig in ’n hernude geding om vrygelaat te word.

Dié ses is mnre. Bernhard Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.

Hulle is op 27 November verlede jaar in hegtenis geneem weens hul beweerde aandeel in die plundering van Namibiese viskwotas.

Die mans het reeds verskeie onsuksesvolle pogings van stapel gestuur om die lasbriewe vir hul inhegtenisnemings ongeldig en hul gevolglike aanhouding onregmatig verklaar te kry.

Ngcukaitobi het die mans tydens Desember in ’n soortgelyke geding bygestaan.

Fischor se geskorste uitvoerende hoof, mnr. Mike Nghipunya, is ook onlangs weens dié skandaal aangekeer.

Ngcukaitobi het die regerende party in 2018 in die Windhoek-hoërhof verteenwoordig toe twee Sawpo-lede die party oor die 2017-kongres hof toe gesleep het.

Regter Herman Oosthuizen het gister uitspraak voorbehou in die mees onlangse pogings om vrygelaat te word.

Hy sal na verwagting op 27 April uitspraak lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%