SA praat met Zimbabwe oor moontlike hulp
Reuters het berig pres. Cyril Ramaphosa het kort ná sy aankoms vir die beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gevra die sanksies teen Zimbabwe moet opgehef word.
Sarel van der Walt
Suid-Afrika se strategie oor die huidige situasie in Zimbabwe is om kommunikasie met sy noordelike buurland oop te hou en uit te vind hoe hy dié land kan help, sê Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.
Sisulu sê Zimbabwe bevind hom nou in ’n baie betreurenswaardige posisie.
’n Chaos het verlede week in Zimbabwe uitgebreek nadat pres. Emmerson Mnangagwa ’n 150%-verhoging in die brandstofprys aangekondig het. Die volgende dag het Zimbabwiërs die strate ingevaar.
Verskeie mense is in die daaropvolgende geweldpleging dood.
“Groot dele van die bevolking is ontevrede en wys dit openlik in die strate,” sê Sisulu.
“Ons sal graag kyk watter ondersteuning ons aan die regering van Zimbabwe kan gee sodat stabiliteit en kalmte op die vreedsaamste manier moontlik bewerkstellig kan word.
“Ons is bereid om Zimbabwe te help op watter wyse ons kan. Ek weet nie of dit geldelik of watter soort van hulp dit sal wees nie,” sê sy.
“Ons hulp sal afhang van ons vermoë. Dit sal nie noodwendig wees wat hulle nodig het nie, maar dit sal wees wat ons kan bekostig.”
REDDINGSBOEI GEWEIER
Volgens vroeëre berigte het Suid-Afrika die dag ná Kersfees Zimbabwe se versoek om ’n reddingsboei van US$1,2 miljard (sowat R16,67 miljard) aan hom toe te staan, van die hand gewys omdat hy nie geld daarvoor het nie.
Suid-Afrika het wel aangebied om sy invloed by die Internasionale Monetêre Fonds en Wêreldbank te gebruik om ’n skuldafbetalingsplan vir Zimbabwe te probeer bemiddel, het Bloomberg berig.
Reuters het Dinsdagoggend berig pres. Cyril Ramaphosa het kort ná sy aankoms vir die beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gevra die sanksies teen Zimbabwe moet opgehef word.
Die president het soos Sisulu gesê Suid-Afrika is in gesprek met Zimbabwe oor hoe hy hom kan help.
Die situasie in Zimbabwe is ’n uitdaging vir die hele Afrika.
Hy hoop om later met Mnangagwa te vergader, sê Ramaphosa.
Mnangawa is weens die krisis in sy land nie in Davos nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie