SA polisie: 'Nog niks dui op moord'
SA polisie: 'Nog niks dui op moord'

SA polisie: 'Nog niks dui op moord'

'n Brief is glo gevind, maar die polisie rep nie 'n woord oor die inhoud daarvan of waar hulle die brief gevind het nie.
Die polisie in Port Elizabeth se ondersoek na die dood van Mark Minnie, een van die skrywers van Die seuns van Bird Island, is nog steeds een van selfdood.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek het in die stadium nog niks opgelewer wat die polisie aanduiding gee dat hulle 'n moordklag moet ondersoek nie.

Minnie se lyk is Maandagaand in die bosse op 'n kleinhoewe in Theescombe, Port Elizabeth, met 'n skietwond aan sy kop aangetref.

Die kleinhoewe behoort aan Minnie se vriend, Brent Barnes. Minnie het volgens die polisie Maandag om 09:00 by Barnes aangekom omdat hy wou wegkom en die plaas se lug inasem.

'n Brief is glo gevind, maar die polisie rep nie 'n woord oor die inhoud daarvan of waar hulle die brief gevind het nie.

Die polisie wil ook nie bevestig aan wie Minnie die selfdoodbrief gerig het nie.

Rheeder sê elke moontlike leidraad word deeglik opgevolg sedert Minnie se lyk gekry is.

Sy selfoon en motor word nie vermis, soos vroeër beweer is nie.

“Sy selfoon en sy motor vorm ook deel van die ondersoek,” het Rheeder gesê.

Rheeder kon bevestig dat die polisie ook nog ondersoek instel om te bepaal hoe Minnie 'n vuurwapen in die hande gekry het, en aan wie die vuurwapen behoort.

Netwerk24 het by 'n bron verneem dat die vuurwapen wat naby Minnie se lyk gevind is, glo aan Barnes behoort.

Die polisie wag nog dat die lyk­skouing afgehandel word.



BOEK WAS 'NET DIE BEGIN'

Mark Minnie het aan Tafelberg Uitgewers gesê die onthullings wat in die boek vervat word, is slegs die oortjies van die seekoei.

Tafelberg Uitgewers sê in 'n verklaring wat Dinsdagaand uitgereik is Minnie het gesê die boek is “slegs die begin” en dat hy laat blyk het dat hy verskeie leidrade in Port Elizabeth suksesvol opgevolg het.

Luidens die verklaring was Minnie vasbeslote om die nuwe inligting bekend te maak.

Volgens die uitgewer was Minnie ­opgewonde oor die boek se ­publikasie en die geleentheid om bewerings wat volgens hom die afgelope drie dekades onderdruk is bekend te maak.

Minnie het gesê die boek is slegs die eerste stap in die proses om ­geregtigheid vir die beweerde slagoffers te kry wie se stories in die boek vertel word.

Tafelberg sê hul laaste kontak met Minnie was Sondagaand.

“Hy was sedert Maandagoggend onbereikbaar. Sy selfoon was afgeskakel en hy het nie op e-pos gereageer nie,” lui die verklaring.

Tafelberg sê Minnie het in die week voor sy dood niks aan hulle gesê wat daarop gedui het dat hy homself moontlik skade sou aandoen nie.

Volgens die uitgewer het Minnie daarna uitgesien om aan die Open Book Festival in Kaapstad deel te neem, waar hy saam met medeskrywer Chris Steyn en die joernalis Marianne Thamm die boek sou bespreek.

Steyn sê sy is “verpletter” deur Minnie se skielike dood en staan by “elke woord” in die boek.

“Mark het gesê dit is ons taak om geregtigheid vir die slagoffers te verseker. Hy sou wou hê ek moet hiermee voortgaan en dit is presies wat ek gaan doen,” sê Steyn.

Yasdmin Sooka, uitvoerende direkteur van die Foundation for Human Rights, het Tafelberg Uitgewers intussen gekontak om te sê hulle wil die saak “namens die seuns van Bird-eiland” takel.

“Mark sal nooit hiervan weet nie, maar dit is presies waarop hy gehoop het,” sê Steyn.

“Dit is te laat vir hom, maar nie vir die slagoffers nie.” – Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%