SA opposisie veg aan 2 fronte
Opposisiepartye het Dinsdag aan twee verskillende fronte weer eens probeer om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak.
Dinsdagoggend het die EFF, die UDM en Cope se verhoor in die konstitusionele hof in Johannesburg begin in ’n aansoek om Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), te verplig om Zuma in ’n staat van beskuldiging te plaas óf om tugstappe teen hom te doen weens die Nkandla-debakel.
Die DA is ook deel wees van dié hofaansoek, terwyl die burgerregteorganisasie Corruption Watch as vriend van die hof toegelaat is.
Mbete staan dié aansoek teen.
Aan ’n ander front sou die DA alle LP’s Dinsdagmiddag probeer oorreed het om hul mosie om die parlement te ontbind en sodoende vroeë verkiesings af te dwing en van Zuma ontslae te raak, te steun wanneer dié mosie in die NV gedebatteer sal word.
Die DA sal egter met dié mosie nie soos voorheen kan staatmaak op die steun van ander opposisiepartye nie, omdat hulle reeds aangedui dat hulle dit nie sal steun nie.
Dié mosie volg kort nadat opposisiepartye op 8 Augustus vanjaar hul kragte saamgesnoer het om deur ’n mosie van wantroue Zuma uit die kussings te probeer lig. Ondanks die feit dat minstens 25 ANC-LP’s hulle in ’n geheime stemmery ondersteun het, was die mosie onsuksesvol.
Die aansoek in die konstitusionele hof Dinsdagoggend hou verband met Zuma se optrede rakende adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), se aanbevelings in haar verslag oor Nkandla, insluitend dat hy by verskeie geleenthede daaroor vir die parlement gelieg het.
Die partye sal in die hofaansoek vra om ’n bevel dat Mbete misluk het om alle behoorlike prosesse en meganismes in plek te stel om Zuma aanspreeklik te hou omdat hy nie die OB se aanbevelings geïmplementeer het nie. Hulle wil ook hê die hof moet bevind dat Mbete daardeur die Grondwet geskend het.
Daar sal ook om ’n bevel gevra word wat Mbete moet dwing om ’n ad hoc-komitee of onafhanklike liggaam aan te stel om Zuma se optrede te ondersoek en te bepaal of hy skuldig is aan ’n oortreding wat die parlement in ’n posisie sal plaas om hom ingevolge sy grondwetlike regte as president te verwyder.
Opposisiepartye beskuldig verder die parlement daarvan dat dié instelling, weens sy volgehoue mislukking om Zuma aanspreeklik te hou, ook sy grondwetlike plig versuim het.
Mbete sal die beweringe ontken dat sy óf die parlement daarin misluk het om hul grondwetlike pligte na te kom om Zuma aanspreeklik te hou. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie