SA onderteken AU-ooreenkoms, maar...
Sarel van der Walt
Altesame 40 staatshoofde van die Afrika-Unie het Woensdag in Kigali, Rwanda, ’n vryehandelsooreenkoms onderteken om handel op die vasteland te vergemaklik.
Pres. Cyril Ramaphosa, wat ook dié spesiale vergadering van Afrika-staatshoofde bygewoon het, het die Kigali-verklaring onderteken, maar die presidensie sê dit is onderhewig daaraan dat alle uitstaande kwessies afgehandel word.
Ramaphosa sê die ooreenkoms sal handel in Afrika, van Kaïro in Egipte in die noorde, tot Kaapstad in die suide, baie vergemaklik.
Nigerië, wat een van die grootste ekonomieë in Afrika het, is een van 12 lande wat nie die ooreenkoms onderteken het nie.
Die ooreenkoms moet teen Januarie afsonderlik goedgekeur word deur die parlemente van dié lande wat dit aanvaar het.
Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië sê dié land moet eers praat met al die rolspelers, maatskappye en vakbonde wat sekere bekommernisse oor die ooreenkoms het.
Bloomberg berig die ooreenkoms is ná drie jaar se onderhandelinge bereik en met die ooreenkoms word ’n handelsblok van US$13 duisend miljard geskep.
Die vasteland het ’n bevolking van 1,2 miljard mense.
In hierdie stadium is net 16% van die totale handel in Afrika tussen lande op dié vasteland.
In Asië is dit 50%, 19% in Latyns-Amerika en 70% in Europa.
Die president sê dit sal sake baie makliker maak as daar in een enkele geldeenheid handel gedryf word, daarom is daar ’n enkele Afrika-geldeenheid nodig.
Ramaphosa, wat op ’n vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens na Kigali gevlieg het, was vergesel van Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sowel as Gratitude Magwanishe, adjunkminister van handel en nywerheid.

Ramaphosa het die beraad as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap toegespreek en afsonderlike ontmoetings met pres. Paul Kagama van Rwanda en Senegal se pres. Macky Sall gehad.
Hy het ook aan ’n paneelbespreking deelgeneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie