SA mynbou groei met 5,2% in Oktober
Elvira Wood - Die Suid-Afrikaanse mynbousektor het in Oktober met 5,2% op 'n jaargrondslag gegroei, ná 'n 0,9%-inkrimping in September.
Dit het wel in Augustus met 6,9% op 'n jaargrondslag gegroei.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die nuutste syfers vir mynbouproduksie bekend gemaak.
Die groei is veral te danke aan die 17,9%-groei in die produksie van ystererts en die 6% in steenkool.
Op 'n maandgrondslag het produksie in Oktober met 3,4% toegeneem nadat dit in September met 7% gekrimp het. Dit het wel in Augustus (+6%) en in Julie (+0,5%) ook op 'n maandgrondslag toegeneem.
Oor drie maande gemeet, was mynbouproduksie 2,3% hoër vir die drie maande tot einde Oktober in vergelyking met die voorafgaande drie maande.
Jason Muscat, senior ekonomiese ontleder by FNB, sê hulle het verwag mynbouproduksie sou groei.
“Die wêreldwye omgewing ondersteun steeds grootliks groei in dié sektor ongeag hulpbronpryse wat effens gedaal het,” het hy Donderdagmiddag in 'n verklaring gesê.
“Ons verwag die sektor sal positiewe groei vir die jaar as geheel toon.
“Die sektor kan selfs beter vaar as die dooiepunt wat tans oor die nuutste weergawe van die mynbouhandves heers, opgelos kan word.”
Die Kamer van Mynwese en die departement van minerale bronne is tans in 'n regstryd gewikkel oor verskeie vereistes in die dokument. Dit is op 15 Junie deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, bekend gestel.
Die saak verskyn vroeg in 2018 voor die hooggeregshof in Pretoria.
Verkope
Die SSA het ook die verkopesyfers vir September bekend gemaak.
Dit het in September op 'n jaargrondslag met 7% en op 'n maandgrondslag met 0,8% gestyg.
Die land het veral voordeel uit hoër verkope van mangaan (+176,2%), ystererts (+40,7), steenkool (+9,4%) en chroom (+46,6,3%) getrek.
Verkope van goud (-17,4%) en die platinumgroepmetale (-10,1%) was egter beduidend laer.
Suid-Afrika het R41,89 miljard se minerale in September verkoop, vergeleke met R40,2 miljard in Augustus en R35,73 miljard in Julie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie