SA krieket het u00f3u00f3k Rassies, su00ea AB
SA krieket het u00f3u00f3k Rassies, su00ea AB

SA krieket het óók Rassies, sê AB

Krieket
Christo Buchner - Daar is heelwat Rassie Erasmusse wat in Suid-Afrikaanse krieket rondloop.

Hulle moet net benut word, glo AB de Villiers.

Dié gewese sterkolwer van Suid-Afrikaanse krieket meen Mark Boucher, Jacques Kallis en Graeme Smith kan vir Suid-Afrikaanse krieket beteken wat Erasmus oor die afgelope 18 maande vir Springbok-rugby gedoen het.

“Onthou net, so drie vier jaar gelede was die Springbokke op dieselfde vlak as wat die Proteas nou is. Hulle is so onlangs as twee jaar gelede nie 'n kat se kans gegee om die Wêreldbeker te wen nie. Wys jou net hoe vinnig dinge kan verander as jy die regte mense aan die stuur het,” het De Villiers gister by SuperSportpark in Centurion gesê.

Hy maak sy terugkeer tot Suid-Afrikaanse krieket in die Mzansi-superliga (MSL) se T20-reeks en speel vir die Tshwane Spartans.

Die Springbokke se sukses moet inspirasie vir die Proteas wees. Kan hyself 'n Rassie vir Suid-Afrikaanse krieket wees?

“Ek sal baie graag wil. Ek het vir Enoch (Nkwe, die afrigter) gesê my foon is die heeltyd aan en hy kan my net bel en ek sal wil help waar ek kan. Ek voel Enoch moet beslis Bouchie, Kallis en Graeme kan benut en daar is nóg ouens soos hulle wat vir ons krieket kan doen wat Rassie vir rugby gedoen het.

“Die spelers is ook daar wat sukses vir die land kan verseker. Daar het wel heelwat ervaring verlore gegaan die afgelope jaar of twee, maar daar is steeds genoeg goeie spelers om sake reg te ruk.

“Ek het verlede week met Faf (du Plessis, die kaptein) gesels en ons voel albei die talent is daar om baie beter te vaar as wat nou die geval is. Dinge moet net soos 'n legkaart in hul plek val. Daar is nie werklik 'n reg of verkeerd in krieket nie. Dit gaan oor die ingesteldheid,” het De Villiers gesê.

Nadat De Villiers volgens sy hoë standaarde geen goeie MSL gehad het verlede jaar nie, is hy oorgehaal om te vergoed en Suid-Afrikaanse toeskouers weer te herinner waarom hy in sy fleur as een van die wêreld se heel beste kolwers beskou is.

“Ek voel baie vars. Ek het die laaste twee weke so 'n bietjie daar by Tuks gekolf en ek voel ek slaan die bal goed.

“Ek wil regtig 'n verskil hier by die Spartans maak. Ons het 'n sterk groep vanjaar en met ouens soos Morné (Morkel) Heinrich (Klaasen), Dean (Elgar), Roelof (van der Merwe), Theunis (de Bruyn) en Lungi (Ngidi) hier.

“Dit voel dit soos 'n reünie van die Titans. Daar is baie plaaslike spelers hier beskikbaar en dit bied samehorigheid. Ons is goed gedek in alle aspekte van die spel en in die geheel is die groep sterker as verlede jaar. Dit is ook goed om Heinrich weer as kaptein te hê,” het die voormalige topkolwer afgesluit.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A