SA kolwers se swak peil wek kommer
Krieket
Altus Momberg
Die gesukkel van 'n paar van die nasionale krieketspan se toetskolwers in die Mzansi-superliga laat die gevaarligte flikker in aanloop ná die toetsreeks teen Pakistan later vandeesmaand.
Natuurlik moet 'n mens verstaan dat T20-krieket en toetskrieket bitter min gemeen het, maar dit dui sekerlik aan of 'n speler op dreef is al dan nie.
Die nuwe T20-liga is besig om einde se kant te staan en dit sal die laaste mededingende krieket wees wat die meeste Proteas sal speel voordat die eerste toets in Centurion die dag ná Kersfees op SuperSportpark in Centurion begin.
Terwyl 'n paar van die kolwers soos Hashim Amla, Temba Bavuma en Aiden Markram grotendeels hul deelname aan die Mzansi-liga sal wil vergeet, het die reeks ook verseker dat van die ander spelers se selfvertroue die hoogte ingeskiet het.
Quinton de Kock, wat in 7 beurte, 407 lopies aangeteken het met 'n gemiddeld van 67.83 (1x100-tal, 3x50-talle) is een van die gunstelinge om as Speler van die Reeks gekroon te word.
Hy het in sy laaste ses beurte vir die Cape Town Blitz 74, 31, 108, 9, 93 en 86* aangeteken. Weer kan daar nie met sekerheid gesê word dat sy peil in dié T20-reeks oorgedra sal word na die toetse toe nie. Sy rol verskil hemelsbreed in vyfdaagse wedstryde, maar ten minste kan mens sê dat sy peil uitstekend is.
Die toetskaptein, Faf du Plessis (7 wedstryde, 312 lopies; gemiddeld van 62.40; 4x50), is nog 'n speler wat uitstekend op dreef is en sy peil kan help om die toetsspan se middelorde standvastigheid te gee.
Die peil van die sukkelende kolwers is 'n groot bron van kommer. Suid-Afrika sukkel al 'n geruime tyd met die wisselvalligheid van sy kolflys en Amla se vertonings wek al 'n paar jaar kommer. In sy laaste 27 toetse vir die Proteas sedert die tuisreeks teen Nieu-Seeland in Augustus 2016, het Amla het drie honderdtalle in 49 toetsbeurte aangeteken.
In sy laaste 27 toetse vir die Proteas sedert die tuisreeks teen Nieu-Seeland in Augustus 2016, het Amla het drie honderdtalle in 49 toetsbeurte aangeteken. Boonop het hy sy twee honderdtalle teen swakker boulaanvalle van Sri Lanka en Bangladesj behaal.
Sy gemiddeld in die afgelope 27 toetse was net 34.66. Die statistiek, tesame met sy gesukkel in die Mzansi-liga, waar hy tot dusver in 6 wedstryde net 71 lopies teen 'n gemiddeld van 11.83 behaal het, spreek boekdele.
Daar is darem beter nuus wanneer dit by die boulers kom met Dale Steyn (8 wedstryde, 11 paaltjies, gemiddeld van 18.81) en Kagiso Rabada (7 wedstryde, 11 paaltjies; gemiddeld van 17.63) se boulwerk wat albei 'n lus vir die oog is.
Maar daar is kommer dat Vernon Philander (7 wedstryde; 2 paaltjies, boulgemiddeld 76.00) dalk die eerste toets met 'n vingerbesering kan misloop. Hy sal straks deur Duanne Olivier (7 wedstryde, 16 paaltjies, gemiddeld 12.62) vervang word. Olivier is een van die mees suksesvolle boulers in die Mzansi-liga.
Ander Proteas se vertonings in die Mzansi-superliga: Keshav Maharaj (9 wedstryde, 5 paaltjies, gemiddeld van 48.20), Temba Bavuma (5 lopies in 3 kolfbeurte). Aiden Markram (7 wedstryde; 142 lopies, gemiddeld 20.28). Dean Elgar (6 wedstryde, 195 lopies, gemiddeld 39.00). Theunis de Bruyn (5 wedstryde, 95 lopies, gemiddeld 23.75).– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie