SA kies nuwe openbare beskermer
ANC kreun oor teenstand teen Busisiwe
Jan Gerber
Adv. Busisiwe Mkhwebane is die nuwe openbare beskermer.
Al wat oorbly, is dat pres. Jacob Zuma haar aanstelling moet bekragtig nadat die nasionale vergadering Woensdag om 19:47 met 263 teenoor 79 stemme haar benoeming aanvaar het om adv. Thuli Madonsela op te volg.
Altesame 240 van 400 LP's moes vir haar stem om aanvaar te word.
“Die vrou was fenomenaal tydens die onderhoude,” het Makhosi Khoza, voorsitter van die ad hoc-komitee wat ’n nuwe OB moes vind, gesê.
Glynnis Breytenbach, DA-LP, het gesê die DA kan nie Mkhwebane se aanstelling steun nie, want dit is nie logies nie, want sy was nie die beste kandidaat nie. “Die tyd wat sy in China as immigrasie-agent gewerk het, is baie suspisieus,” het Breytenbach gesê.
Daar was ’n gekreun uit die ANC-banke.
Breytenbach het gesê die OB kan nie bande met die staatsveiligheidsagentskap hê nie en met die voordurende bewerings van staatskaping deur Zuma, moet die OB onafhanklik wees.
Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, het gesê hulle steun Mkhwebane en sy was die beste kandidaat.
Hy was ook beïndruk met haar verbintenis om die kantoor van die OB toeganklik te maak. Hy het gesê hulle glo haar as sy sê sy het nie bande met enige politikus nie, maar as dit onwaar blyk te wees, sal hulle die hof vra om dit te hersien.
Prof. Themba Msimang, IFP-LP, het die DA veroordeel vir die “lasterlike bewerings” en aanval op Mkhwebane se karakter en genoem dat die bewerings ongetoets is.
Sibusiso Mncwabe, NFP-LP, het Mkhwebane ook gesteun en gesê sy moet sterk staan teen die aanslae wat op haar geloods gaan word, soos wat met Madonsela gebeur het.
Nqabayomzi Kwankwa, UDM-LP, het Mkhwebane ook gesteun en daarop gewys dat sy vir ses jaar as ondersoeker in die kantoor van die OB gewerk het.
“Die UDM kan nie sien hoekom ons dit teen haar moet hou dat sy vir die staatsveiligheidsagentskap gewerk het nie,” het Kwankwa gesê.
Dr. Corné Mulder, VF Plus-LP, het gesê om die OB verkies te kry, word 240 stemme van die 400 LP’s benodig. Die ANC het 249 stemme en kon dus enige persoon aanstel. Nietemin steun die VF Plus Mkhwebane.
“Een persoon, op die regte tyd en regte plek, kán ’n verskil maak, en adv. Thuli Madonsela het so ’n verskil gemaak. Die tyd sal leer of adv. Busiviwe Mkhwebane so ’n verskil sal maak,” het Mulder gesê.
Deirdre Carter, Cope-LP, het hulde aan Madonsela gebring. “Adv. Madonsela laat baie groot skoene agter om vol te staan.” Carter het haar sorg uitgespreek oor die vrae wat oor Mkhwebane hang. Sy het onder ’n gekreun uit die ANC-banke gesê Cope gaan buite stemming bly.
Steve Swart, ACDP-LP, het gesê die ACDP gaan Mkhwebane die voordeel van die twyfel gee oor die bewerings dat sy ’n spioen was, want sy was ’n uitsonderlike kandidaat.
Andries Tlouamma, Agang-LP, het gesê: “Ons is nie profete nie, ons weet nie wat gebeur nie, ons wil haar net ’n kans gee. Asseblief, Suid-Afrikaners, gee haar ’n kans.”
Luthando Mbinda het gesê Suid-Afrika benodig ’n OB “wat die sweep soos adv. Madonsela kan slaan” en het Mkwhebane gesteun.
Themba Godi, APC-LP, het dit verwelkom dat ’n vrou ’n ander vrou gaan opvolg gegrond op haar vermoëns. Hy het, terwyl die ANC lag, gesê die DA is ’n vlieg in die salf.
Bongani Bonga, ANC-LP, het die DA se bewerings as kwetsend en kleinlike politiekery beskryf. “Ons wil aan die DA sê hulle moet getuienis bring.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie