SA inflasie daal, al styg prys van brandstof
Elvira Wood en Hanlie Stadler – Suid-Afrika se inflasiekoers het in April effens gedaal. Dit volg ná twee maande se stygings.
Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak die inflasiekoers het in dié maand 4,4% beloop. Dit was in Maart 4,5% nadat die onderste draaipunt van inflasie in Januarie net 4% was.
Luidens SSA is die maand-tot-maand-styging van die mandjie produkte en dienste wat hy meet, tussen Maart en April 0,6%.
Kosprysinflasie (kos en nie-alkoholiese drank) het tot 2,9% gedaal. Dit was in Maart 3,1%.
Daar was voor die nuutste inflasiekoers aangekondig is, kommer dat duurder brandstof dié koers sou kon opstoot, maar dis teengewerk deur effens laer inflasie op alkohol en sigarette.
'n Stygende tendens sou die Reserwebank, wat Donderdag oor die rentekoers besluit, onrustig stem. Die sentrale bank wil hê inflasie moet op nagenoeg 4,5% geanker bly.
Inflasie is nou reeds 25 maande lank binne die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%. Sedert April 2017 en April 2019 het die koers so laat as 3,8% gedaal (in April 2018) en die hoogste vlak was 5,4% (in Mei 2017).
85% van ekonome wat die afgelope week aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, voorspel dat die rentekoers onveranderd gelaat sal word, terwyl 15% selfs ’n daling voorspel in die lig van power ekonomiese groei. Geeneen van die 13 ekonome voorspel ’n verhoging in die rentekoers nie.
Kerninflasie, wat brandstof, krag en kos uitsluit, het gedaal tot 4,1%, vanaf 4,4% in Maart. Dié syfer is van belang omdat dit prysstygings weerspieël wat nie deur eksterne en wisselvallige faktore - soos droogtes, internasionale oliepryse en die rand-dollar-wisselkoers - beïnvloed word nie en dus die vraagkant-gedrewe druk op pryse beter weerspieël.
Die inflasiekoers wat pensioentrekkers beleef, is nou 4,5%.
Inflasie wissel landwyd van 3,8% in die Oos-Kaap tot 5,2% in die Wes-Kaap. Net die Wes-Kaap en Vrystaat (4,5%) beleef inflasie van hoër as die nasionale gemiddelde. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie