SA geweld: Pasop vir vals inligting

Namibiërs gemaan om waaksaam te wees

05 September 2019 | Misdaad
Ronelle Rademeyer - Namibië se hoë kommissaris in Suid-Afrika, mnr. Veiccoh Nghiwete, het kort ná ’n beroep op Namibiërs om waaksaam te wees en plekke van geweldpleging in die buurland te vermy, ook teen vals inligting en foto- en videomateriaal in die sosiale media gemaan.

“Die situasie (in Suid-Afrika) is nie buite beheer nie. Dit is nie hopeloos nie. Geen Namibiër is, sover ons kon vasstel, in geweldpleging teen buitelanders beseer of doodgemaak nie,” het hy benadruk.

Nghiwete het laat Dinsdag ’n waarskuwing uitgereik waarin hy Namibiërs in Gauteng en ander dele van Suid-Afrika versoek het om waaksaam te wees.

Hy waarsku Namibiërs om plekke te vermy waar onluste woed.

Voorvalle van geweld en plundering het in die Pretoriase middestad en Marabastad, die Johannesburgse middestad, Hillbrow, Turffontein, Jeppestown, Malvern en Tembisa voorgekom.

“Ons versoek mense om nie hul veiligheid in gevaar te stel nie.”

Volgens hom word valslik in die sosiale media aangevoer ‘n Namibiër was die slagoffer in ’n video wat wys hoe ‘n man in Suid-Arika aan die brand gesteek is.

“Daar is baie valse inligting wat versprei word. Van die foto’s wat ons nou sien, is in Januarie 2018 geneem,” sê Nghiwete.

Hy sê vanweë Namibië en Suid-Afrika se historiese bande is daar deurlopend Namibiërs wat die buurland vir werk of vakansie besoek, terwyl baie jongmense daar studeer.

“Dit is vir ons baie moeilik om te sê presies hoeveel Namibiërs daar tans in Suid-Afrika is. Ons is egter in verbinding met die owerhede om seker te maak Namibiërs is veilig,” het hy by navraag uit Pretoria gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse minister van polisie, mnr. Bheki Cele, Dinsdag gesê dit is onnodig om lede van die Suid-Afrikaanse weermag in Gauteng te ontplooi om xenofobiese geweldpleging te voorkom, berig Netwerk24.

Hy het by ‘n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die polisie kan die situasie self hanteer.

Volgens Netwerk24 is vyf mense dood sedert die gewelddadige onluste Sondag in dele van Johannesburg uitgebreek het. Meer as 90 mense is in hegtenis geneem.

News24 berig Cele het Dinsdag in Jeppestown, een van die gebiede wat geraak word, met gemeenskapsleiers vergader.

Hy het vir geduld en kalmte gevra tot die naweek sodat kwessies in die gebied gehanteer kan word.

Inwoners het gekla die naweek is nog te ver en die probleme moet dadelik gepak word.

[email protected]

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

23 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

23 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

23 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...