SA geweld: Invoere nog nie geraak
’n Plaaslike handelsgroep se vragmotors is ’n hele dag lank weens ’n opeenhoping op die Botswana-grens vertraag.
Catherine Sasman – Hoewel invoere van Suid-Afrika nog nie geraak is deur die gewelddadige wetteloosheid wat in die buurland se stede uitgebreek het met lukrake aanvalle op buitelanders nie, voel plaaslike besighede tog die impak daarvan.
Namibië, soos baie ander Suider-Afrikaanse lande, voer bykans al sy kos en ander verbruiksgoedere van Suid-Afrika af in en omstandighede kan wanhopig raak indien die handelsroete deur voortgesette geweld geteister word.
Namibiese handelaars bly versigtig optimisties dat die Suid-Afrikaanse owerhede die geweld in bedwang sal bring.
Dit te midde van wraakaanvalle op Suid-Afrikaanse maatskappye in ander Afrikalande.
“Die aanvalle is nie net op lorries nie. Daar is ‘n algemene misdadigheid wat buite verband geruk is. Geen Namibiese lorries is in dié stadium beskadig nie en invoere na Namibië is nog nie geraak nie,” het mnr. Willie du Toit, voorsitter van die Namibiese Logistieke Vereniging (NLA) en besturende direkteur van FD du Toit Transport, gister gesê.
Du Toit sê vragmotors wat na Johannesburg reis, ry deur Botswana, en lorries op die Kaapse roete reis deur Namakwaland.
Me. Daleen Reimers van die WoermannBrock-handelsgroep sê hulle het reeds vertragings in die aflewering van voorraad uit Suid-Afrika ervaar.
Sy sê die groep se vragmotors wat na Namibië op pad was, is die hele Woensdag by die Botswana-grens weens ‘n opeenhoping vertraag.
Reimers sê verskaffers in Suid-Afrika sukkel om grondstowwe by fabrieke te kry, wat ‘n domino-effek op produksie en die uiteindelike verskaffing van goedere het.
“Vragmotorbestuurders moes sekere gebiede vermy om geweld te omseil, wat beteken hulle moes langer ure ry en het langer gevat om hul bestemmings te bereik,” sê Reimers.
Die Olhthaver & List-groep (O&L), wat groothandelaars soos Pick n Pay insluit, sê maatreëls is ingestel om te verseker besighede binne die groep se werksaamhede verloop vlot ondanks omstandighede in die buurland.
“Voorafvervaardigde Namibiese produkte kan nie na Suid-Afrika gestuur word voor die staking verby is nie. Afgesien van die logistieke uitdagings kan dit finansiële gevolge hê as dié toestande langer voortduur, soos ’n verlies aan inkomste en bykomende stooruitgawes.
“Ons mense se veiligheid is uiters belangrik en ons bly daarom in kontak met alle belanghebbendes om die situasie te monitor en seker te maak ons doen wat nodig is om ons mense se veiligheid en welstand te verseker,” sê me. Patricia Hoeksema, bestuurder van besigheidsverhoudings in die O&L-groep.
Mnr. Paulus Hailonga van Taueber & Corssen sê hulle het van gister af begin gebruik gemaak van Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders vir vervoer van die Suid-Afrikaanse grensposte af om te verseker goedere word afgelewer.
Mnr. Hannes van der Berg van die Namibiese Varsproduktemark (NFPM) sê hulle kon lorries tot dusver “met baie moeite” laai en veilig oor die grens bring.
Die NFPM verskaf groente en vrugte aan die meeste groothandelaars.
Van der Berg sê voorsorg word getref om vragmotorbestuurders se veiligheid te verseker.
“Dit is ‘n risiko, maar ons kan nie toelaat dat ons kliënte sonder kos bly nie. Ons weet nie hoe lank die situasie kan aangaan nie. Ons vat dit van laaidag tot laaidag,” sê hy.
Van der Berg het ook genoem Suid-Afrikaanse produsente ervaar probleme om hul produkte in die mark te kry, wat ‘n impak op beskikbaarheid en voorraadpryse kan hê.
Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), mnr. Job Muniaro, het gister ‘n ernstige beroep op SADC-leiers gedoen om onmiddellikke stappe teen die “bloedige krisis” in Suid-Afrika te doen.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie