SA boksers hou dié $10 m.-geveg dop
Boks
Michael Green – Twee Suid-Afrikaanse boksers sal hierdie naweek besonder baie in die uitslag van die geveg tussen Mairis Briedis van Litaue en Yuniel Dorticos van Kuba belangstel.
Briedis en Dorticos gaan mekaar Saterdagaand in die Plazamedia-sentrum in München in die eindronde van die Wêreldboks-superreeks pak.
Die een wat dié junior swaargewiggeveg wen, sal met ’n yslike US$10 miljoen (sowat R168 miljoen) én die gesogte Muhammad Ali-trofee huis toe gaan.
Dié gesogte reeks is die eerste keer in 2017 aangebied en het al vier vorige wenners opgelewer, naamlik Oleksandr Usyk (junior swaargewig), Callum Smith (supermiddelgewig), Naoya Inoue (kapokgewig) en Josh Taylor (superliggewig). Agt topboksers per gewigsklas skakel mekaar in die kwarteindrondte en daarna die semifinaal uit, totdat net die kampioen staande bly.
Die SA manne wat in Briedis en Dorticos se kragmeting sal belangstel, is Kevin Lerena en Thabiso Mchunu.
Lerena is die Internasionale Boksorganisasie (IBO) se kampioen en Mchunu is hoog op verskeie beheerliggame se ranglyste.
Albei mik na ’n geveg teen die wenner van Saterdag se geveg.
Dan is daar natuurlik ook nog Junior Makabu, die Kongolees wat in Suid-Afrika woon, wat ook in die uitslag sal belangstel.
Makabu is die Wêreldboksraad (WBC) se kampioen en wil hom graag as die beste junior swaargewig in die wêreld bewys.
Dis baie moeilik om ’n wenner tussen Briedis en Dorticos te kies. Hulle spog met byna soortgelyke rekords.
Briedis het net een van sy 27 beroepsgevegte verloor (met punte, teen Usyk) en Dorticos was in 25 gevegte ook net een keer aan die verloorkant toe die Russiese yster Murat Gassiev hom in 2018 in Moskou uitgeslaan het.
• Plaaslike boksliefhebbers kan Sondagoggend op SuperSport inskakel vir die toernooi wat in Uncasville in die Amerikaanse staat Connecticut plaasvind.
Die Charlo-broers Jermall en Jermell kom dan onderskeidelik teen Sergiy Derevyanchenko en Jeison Rosario te staan.
Die toernooi word van 01:00 op SS se Variety1- (206) en Maximo-kanale (241) uitgesaai.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie