Só word petrolprys nou saamgestel
Hanlie Stadler – Sedert net ná middernag vandag voer 21,92c van elke liter petrol of diesel wat jy koop, die Sentrale Energiefonds se balansheffingsrekening, oftewel die Slate-rekening.
Dié heffing is so ver vasgestel kan word vir die eerste keer in tien jaar meer as die gebruiklike 0c per liter.
Dis die rede waarom petrol, ondanks ’n oorverhaling, nie in November goedkoper word nie – die prys is onveranderd – en verklaar net minder as die helfte van die styging van tussen 48c en 51c per liter in die dieselprys.
Die balansheffing word ingestel omdat die balansheffingsrekening R2,2 miljard oortrokke is weens die skerp stygings in brandstofpryse die afgelope sewe maande.
Die rekening word gebruik om brandstofmaatskappye in tye van stygende pryse te vergoed vir die verskil tussen wat hulle op die ope mark vir brandstof betaal en die prys wat die Sentrale Energiefonds een keer per maand vasstel. Die Sentrale Energiefonds kry die meeste van dié geld, die onderverhaling op die brandstofprys, elke maand terug deur die volgende maand pryse te verhoog, maar weens afronding kan dit gebeur die balansheffingsrekening uitgeput raak.
Die heffing beteken nou dat heffings en belastings – die algemene brandstofheffing, die Padongelukkefondsheffing, die balansheffing en doeane en aksyns – byna 33% verteenwoordig van die R17,08 wat Gautengers per liter petrol betaal.
51% van die R17,08 is heffings, vervoer- en bergingskoste, groothandelaars en vulstasies se wins en ander diverse uitgawes. Net 49% is dus die basiese koste van brandstof soos dit in die hawe land. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie