Só voel Allister oor Frankryk
Rugby
Andrew Poolman
Kaptein Johan Deysel en afrigter Allister Coetzee reken nie dis slegte nuus dat Namibië se rugbyspan vroeg in Julie volgende jaar na Frankryk sal moet reis om vir die 2023 Wêreldbeker te kwalifiseer, wat ook in Frankryk aangebied sal word nie.
Rugby Afrika het aangekondig dat sy kontinentale uitduntoernooi vir die eerste keer in die geskiedenis nie op die vasteland aangebied sal word nie, ná sy oorweging van die lande (insluitend Frankryk) wat 'n bod vir die toernooi ingedien het.
Die Afrika-wenner sal in die 2023 WB se groep A teen Italië, Frankryk, Nieu-Seeland en die Amerikas-kwalifiseerder te staan kom.
Die vier groepwenners van Rugby Afrika se 2021-minitoernooie, naamlik Namibië, Senegal, Uganda en Zimbabwe, sal onderskeidelik teen Burkina Faso, Algerië, Kenia en die Ivoorkus uitdraf.
In die direkte uitklopformaat hoef Namibië dus bloot drie opeenvolgende wedstryde te wen (teen Burkina Faso, gevolg deur waarskynlik Zimbabwe en Kenia) om sy sewende opeenvolgende kwalifisering te verseker.
Vir die Afrika-naaswenner wag 'n moeilike tweede kans in die finale repechage as hy Frankryk wil haal.
In reaksie het afrigter Coetzee gesê hy het gemengde gevoelens oor die aankondiging.
“Enersyds word 'n geleentheid vir Afrika ontneem om die spel plaaslik te ontwikkel en 'n vertoonvenster van Afrika-rugby aan te bied. Ons doelwit bly onveranderd – om te kwalifiseer. Die Wêreldbeker is een jaar later en die wenner kry dus 'n vroeë proesel van Frankryk, wat sekerlik handig te pas sal kom.
“Die voordeel vir Namibië is dat hy soveel beroepspelers in Frankryk het – insluitend Torsten van Jaarsveld, PJ van Lill en Tjiuee Uanivi.”
Deysel, kaptein van die 2019 Wêreldbekerspan en senter vir die Franse klub Colomiers, het gister gesê Frankryk is nie 'n slegte opsie nie en verkieslik bo vele ongemaklike bestemmings in Afrika.
“In 2014 het ons gesukkel toe dit in Madagaskar aangebied is. In Frankryk sal mooi na die spanne gekyk word en Namibië het klomp spelers in die Noordelike Halfrond.
“Ons voorbereidingsplanne is nou hangend – of dit in Windhoek of in Frankryk moet wees. Maar ons het 'n sterk afrigterspan en ek glo hulle sal met die plan vorendag kom. Namibië moes al tevore by sulke onverwagse besluite aanpas en al die spanne is nou in dieselfde bootjie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie