Só proe Italië
Pizzeria trek ’n nuwe baadjie aan
Ná opknappingswerk en onder nuwe bestuur, het die Col'Cacchio-pizzeria op 1 Junie weer sy deure in die Grove-inkoopsentrum in die hoofstad oopgemaak.
Die Col'Cacchio-franchise is bekend vir fynproewer-pizzas, vars uit ’n regte pizza-oond, vullende pastadisse en vars slaaie. Hulle is ook gewild vir die vars plaaslike produkte wat hulle gebruik, terwyl kwaliteit en innovering altyd die kern van hul diens is.
Die nuwe eienaar, Melissa du Plessis, is 'n toegewyde gastronomie-liefhebber en jarelange Col'Cacchio-aanhanger wat die kans om nuwe lewe in die geliefde eetplek te blaas met al twee hande aangegryp.
Op die vraag wat nuwe en terugkerende kliënte van die nuwe Col'Cacchio kan verwag, het sy gesê: “Kliënte kan goeie diens, die beste en vars bestanddele in al ons disse verwag. Ons het die restaurant ook 'n effense facelift gegee, wat die pragtige kenmerke en pragtige houtafwerking binne beklemtoon. Dit het beslis die lewe teruggebring na die wonderlike ruimte”.
Die franchise het takke in onder meer Sandton, Franschhoek, Somerset-Wes en die Kaapse Waterfront.
Met die Covid-19-pandemie is ’n besoek aan die régte Italië ’n skrale moontlikheid, maar ’n smakie van Italië is ’n goeie troosprys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie