Su00f3 maak Cliven geskiedenis by WB
Su00f3 maak Cliven geskiedenis by WB

Só maak Cliven geskiedenis by WB

Die Loubser pa en seun voeg hul name by 'n eksklusiewe klub.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die losskakel Cliven Loubser sal geskiedenis maak sodra hy in Japan vir sy Wêreldbeker-debuut gekies word – in alle waarskynlikheid reeds komende Sondag teen Italië.

Twintig jaar gelede het sy pa, Cliff, as senter in die 1999 Wêreldbeker uitgedraf, wat Cliven op koers plaas vir die land se eerste pa-en-seun-kombinasie wat beide in Wêreldbeker-rugbytoernooie gespeel het.

Cliff sê hy voel besonder trots en geëerd dat sy seun twee dekades later in sy voetspore volg.

“Dit is 'n droom wat waar word. 'n Pa voel trots om 'n seun te hê wat hopelik in die komende jare saam met sy spanmaats ons land se rugby vorentoe kan neem. Ons hou duim vas dat hulle minstens een wedstryd by hierdie Wêreldbeker wen.”



LANG PAD SE HERINNERINGE

Frankryk was in 1999 'n medegasheerland van die toernooi en het in Bordeaux die Namibiese span ingewag wat vir die eerste keer gekwalifiseer het en wat net sewe dae tevore sy openingswedstryd met 18-67 teen Fidji verloor het.

“Frankryk was een van die gunstelinge om die toernooi te wen en die wedstryd was baie hard en vinnig. Dit was 'n hoër ondervinding as waaraan ons gewoond was, maar dit was lekker,” vertel Cliff (46), wat halfpad deur die tweede helfte as plaasvervanger vir Francois van Rensburg opgestuur is.

Dit was Namibië se beste wedstryd van die toernooi en Quinn Hough se span was rustyd met net 13-23 agter, wat 'n drie deur senter Attie Samuelson ingesluit het.

Die Franse span is reeds lank voor die eindfluitjie (47-13) deur hul tuisskare uitgejou en is agterna ook erg gekritiseer vir hul onoortuigende vertoning.

“Ek onthou ek het daai aand teen Emile Ntamack gespeel – wie se seun Romain ook juis as losskakel gekies is om sy Wêreldbeker-debuut (môre teen Argentinië) te maak. Ek is seker hy voel ook soos ek,” sê Cliff.

Die 1999-rugbyjaar en Wêreldbeker is gekenmerk deur politieke onmin en binnegevegte. Vooraf het 'n groep beswaarde klubs 'n protesaksie van stapel gestuur en onder meer op die instelling van kwotas aangedring – 'n twis wat uiteindelik tot die einde van mnr. Andries Wahl as NRU-president asook Johan Venter as nasionale afrigter aanleiding gegee het.

Tydens die toernooi in Frankryk was die span aanvanklik eensgesind en het stewig presteer teen Fidji en Frankryk, maar in die week voor die laaste wed­stryd teen Kanada was daar 'n alkoholgedrewe voorval wat in ernstige tweespalt oorgekook het.

Die gevolglike fiasko teen Kanada (verloor 11-72), tesame met die voortslepende politieke verdeeldheid op administratiewe vlak het Namibië nog jare daarna geteister.

Die huidige span onder afrigterskap van Phil Davies bevind hom in 'n véél meer harmonieuse atmosfeer.

Davies se keuse van sy Wêreldbeker-groep van 31 het uiteindelik vyftien spelers van kleur ingesluit – bykans dubbeld in vergelyking met die agt van die 2015-groep in Engeland. Die Wallieser se doelgerigte werk oor die laaste vier jaar om die plaaslike diepte te versterk, het ongetwyfeld merkbare resultate getoon.

Loubser sê hieroor: “Namibië het in dié opsig definitief vooruitgang getoon. Ek het die nasionale span die afgelope twee jare met groter aandag gevolg en elkeen van die Wêreldbeker-groep het sy plek op meriete verdien.

“Ja, daar was diegene met beserings of enkeles wat ongelukkig oor hul weglating kan voel, maar ek glo Phil het eerlike rugbyredes en het sy strategie agtermekaar, soos wat sy rekord bewys met spelers wat op toetsvlak deurkom.

“Ons nasionale span maak vordering en ek glo hulle is op 'n goeie stand van kondisionering en voorbereiding.

“Komende Sondag teen Italië kan die weer 'n groot faktor wees. Hopelik is dit nie te nat nie, want ek glo 'n droër veld sal ons 'n beter kans gee. Ek glo met die regte taktiek kan ons hulle verras. Italië is 'n ervare Sesnasies-span en ek hoop ons voorspelers is opgewasse vir hulle – dit sal een van die groot toetse wees.”

Volgens Cliff is Cliven, wat tot onlangs aan die Blou Bulle se rugby-akademie verbonde was, sterk van voornemens om volgende jaar sy rugby iewers in die Noordelike Halfrond te gaan speel.

“Toe hulle Juniemaand in Uruguay getoer het, is hy genader om volgende jaar by 'n klubspan in die VSA te gaan aansluit. Dit is een aanbieding wat reeds op die tafel is, maar ons kyk maar hoe die Wêreldbeker afloop en wat daar gebeur.”



ANDER PA-EN-SEUN SPANNE

Benewens die genoemde Emile en Romain Ntamack (Frankryk), het verskeie ander spelers al in hul pa's se Wêreldbeker-voetspore gevolg, byvoorbeeld Gavin en Adam Hastings (Skotland), Andy en Owen Farrell (Engeland) en Paul en Ross Moriarty (Wallis).

Engeland se twee dinamiese voorspelers Mako en Billy Vunipola se pa, Fe'ao, het in twee WB-toernooie vir Tonga haker gespeel.

• In die Namibiese prentjie is daar 'n stewige lys pa's en seuns wat beide toetsrugby gespeel het – hoewel nie albei in 'n Wêreldbeker nie.

Die Namibiese kaptein, Johan Deysel, se pa Johan (1990-1992) het gespeel in die era voordat die land in die kwalifisering vir Wêreldbekers betrokke geraak het.

Dié Namibiese lys sluit ook in: Wim en Gerhard Lötter; Awie en PW Steenkamp; Pieter en Wihan von Wielligh; Basie en Eneill Buitendag; Leon en Léan Stoop; Braam en André Vermeulen.



Toetsspelers soos Heino Senekal, Johan Zaayman en die Swanepoel-broers Jaco en Callie Swanepoel se vaders was ook voor onafhanklikwording prominente spelers in die Suidwes-era.

Dan is daar die stutte Hans Breedt (seun van Hardus) en Herman Grobler (seun van wyle Manie) wat beide die Welwitschias op provinsiale vlak verteenwoordig het, maar nog nie op toetsvlak deurgebreek het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%