Só lyk eeue oue tombe in Egipte
Die mure is oortrek met hiërogliewe en standbeelde van die faro’s.
’n Eeue oue graftombe met hiërogliewe en standbeelde is in Saqqara, Egipte, onthul.
Die tombe is in Saqqara, suid van Kaïro, gevind. Dit was onaangeraak deur grafrowers. Nóg ontdekkings word verwag wanneer argeoloë in Januarie sal voortgaan met hul uitgrawings.
Argeoloë het verlede Donderdag die laaste laag rommel van die graftombe verwyder en vyf skagte ontdek. Een van die skagte was nie verseël nie en het niks ingehad nie, maar die ander vier skagte was verseël.
Die tombe is 10 meter lank, drie meter wyd en net minder as drie meter hoog, het Mostafa Waziri, sekretaris-generaal van die hoofraad van oudhede, gesê.
Hy het die ontdekking as “enig in sy soort” beskryf.
Die mure van die tombe is oortrek met hiërogliewe en standbeelde van die faro’s. Volgens Waziri is die tombe uniek vanweë al die beelde en die amper perfekte toestand waarin dit gevind is.
“Die kleur het amper behoue gebly al is die tombe amper 4 400 jaar oud,” het hy gesê.
Die tombe dateer van die heerskappy van Neferirkare Kakai, die derde koning van die vyfde dinastie van die ou koninkryk.
Saqqara was die begraafplaas van Memphis, vir meer as twee millennia die hoofstad van antieke Egipte. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie