Só lyk die wêreld se 100 reuse
Die lys van grootste maatskappye ter wêreld word steeds oorheers deur Amerikaanse maatskappye, wat onder meer deur innovasie net aanhou groei.
Apple is ook steeds die grootste maatskappy ter wêreld, volgens PwC se Global Top 100 Companies-verslag.
Die VSA het 55 maatskappye op die lys van maatskappye met die grootste markwaarde ter wêreld. Dié maatskappye is verantwoordelik vir 63% van die totale markwaarde van die top-100.
Die top-10 grootste maatskappye is ook almal van die VSA.
Die totale markwaarde van die wêreld se 100 grootste maatskappye het 2016 se verliese herwin en met 12% geklim om 'n rekordvlak van sowat US$17 400 miljard te bereik.
Apple is vir die sesde opeenvolgende jaar die wêreld se grootste maatskappy volgens markwaarde. Die gaping tussen Apple en Alphabet (voormalige Google), wat tweede lê, het meer as verdubbel in die afgelope jaar.
Alphabet het vir 'n kort ruk in Februarie 2016 vir Apple verbygesteek, maar Apple is nou US$175 miljard meer werd as Alphabet.
Dit volg nadat Apple in absolute terme die sterkste presteerder oor die afgelope jaar was en sy markwaarde het met sowat 25% of US$149 miljard toegeneem.
Amazon het ook sterk vertoon en sy markwaarde het met meer as 50% toegeneem.
Tegnologie oorheers
Die tegnologiesektor het verlede jaar by die finansiëledienstesektor oorgeneem as die grootste sektor en het vanjaar weer bo uitgekom.
Die drie grootste maatskappy kom uit die tegnologiesektor – Apple, Alphabet en Microsoft – terwyl Facebook in die sesde plek is.
Europa het 22 maatskappye in die top-100, gevolg deur Brittanje in die derde plek met vyf maatskappye onder die 100 grootstes. Hy het in die vorige jaar sewe gehad, maar SABMiller is gedenoteer nadat hy deur Anheuser-Busch oorgeneem is en Vodafone het uitgeval.
China en Hongkong is in vierde plek en twee Chinese maatskappye – Tencent en Alibaba – lê onderskeidelik in elfde en twaalfde plek. In totaal het China 11 maatskappye in die top-100.
Clifford Tompsett, hoof van noterings van PwC, sê die gaping tussen die grootste Amerikaanse maatskappye en die res van die wêreld hou aan vergroot.
“Amerikaanse maatskappye maak die meeste van hul globale reikwydte, finansiële sterkte en vermoë om te innoveer, in sterk teenstelling met maatskappye in Europa en Brittanje, wat aanhou val op die lys,” sê hy.
Tompsett sê ná 'n tydperk van stagnasie is Chinese maatskappye ook besig om beter te vaar en Tencent en Alibaba kan volgende jaar die top-10 haal.
* Die ontleding word gedoen soos op 31 Maart 2016 en 31 Maart 2017 en bepaal die maatskappy se markkapitalisasie in Amerikaanse dollar, gebaseer op sy land van oorsprong. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie