Só lyk die seisoen van stakings
Elvira Wood en Fin24
Die staking in die brandstofbedryf duur vir die tweede week voort, die staking by die Onafhanklike Uitsaaiowerheid (Okosa) duur al ses weke en boonop is daar (wéér) ’n dreigende staking by MTN.
Die Suid-Afrikaanse stakingseisoen is duidelik weer op dreef. Ekonome het al vroeër vanjaar gewaarsku dat uitgerekte stakings die land in ’n resessie sal kan dompel.
Die onbeskermde staking wat by Eskom gedreig het, is Vrydagnag afgeweer ná bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).
Wat betref die staking deur lede van die vakbond Ceppwawu in die petroleumbedryf, sê die Nasionale Petroleumwerknemersvereniging (NPEA) in ’n verklaring daar is genoeg voorraad om in die aanvraag te voldoen. Volgens die NPEA het vulstasies voorsorgmaatreëls getref en werk saam met wetstoepassingsagentskappe waar nodig.
Die staking het op 28 Julie begin.
Die vereniging het vulstasies versoek om by hul normale hervullingskedules te hou.
In dié stadium lyk dit of ’n dooiepunt in die onderhandelinge oor die 9%-salarisverhoging waarop die vakbond aandring, bereik is en NPEA is nie bewus van enige verdere onderhandelinge nie.
Die KVBA het vroeër die week aangekondig hy sal ook by die onderhandelinge ingryp.
’n Brandstofhandelaar wat verkies om anoniem te bly, het Donderdag aan Fin24 gesê dit is hoofsaaklik die kleiner vulstasies wie se voorraad opraak. Hoewel die oliemaatskappye alternatiewe planne gemaak het, is daar steeds ’n groot agterstand in aflewering.
Nog ’n staking wat voortduur, is by Okosa, waar werkers salarisverhogings eis wat terugwerkend vanaf 2014 moet geld en bonusse vir 2015.
Lede van die Kommunikasiewerkersvakbond (CWU) het Donderdag gesê ’n staking by MTN is op pad. Dit kom nadat MTN besluit het om ’n deel van sy inbelsentrum aan ’n derde party uit te kontrakteer.
Die CWU het ook in 2015 ’n ontwrigtende staking oor uitkontraktering by MTN gehou.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie