Só lyk Bokspan vir 100ste toets teen All Blacks
Rugby
Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, het die versoeking weerstaan om die snoeiskêr in te lê ná twee nederlae teen die Wallabies en slegs enkele veranderinge aan sy beginspan aangebring vir Saterdag se 100ste toets teen die All Blacks.
Hoewel daar vooraf verwag is dat Nienaber ’n paar van sy onderpresterende agterspelers die trekpas sou gee, het hy uiteindelik daarop besluit om net twee veranderinge aan sy agttal aan te bring. Kwagga Smith vervang Franco Mostert op steelkantflank, met laasgenoemde wat nou ’n impakspeler op die plaasvervangersbank sal wees, terwyl Lood de Jager van harsingskudding herstel het en Marvin Orie op slot vervang.
Die res van die veranderinge is almal op die plaasvervangersbank, waar Nienaber dié week wegdoen met die “Bomb Squad”, wat gebruiklik uit ses voorspelers en twee agterspelers bestaan.
Nienaber het besluit om net vyf plaasvervanger-voorspelers te kies en het die ervare agterspelers Frans Steyn en Elton Jantjies as impakspelers op die bank gekies.
Saterdag se toets in Townsville, Queensland, skop om 09:05 af en word regstreeks op SuperSport Grandstand (201) en SS Rugby (211) uitgesaai.
• Die Bokke se superster-vleuel Cheslin Kolbe is steeds op die krukkelys weens ’n beenbesering, maar Nienaber sê daar is ’n goeie kans dat hy volgende week in die herontmoeting met die All Blacks sal kan speel.
• Springbokke: Willie le Roux, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Kwagga Smith, Siya Kolisi (k), Lood de Jager, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Trevor Nyakane.
Reserwes: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Franco Mostert, Marco van Staden, Herschell Jantjies, Elton Jantjies, Frans Steyn.
– Netwerk24
FOTO’s Gallo Images
Kwagga Smit is tot die Springbokke se beginspan bevorder vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks.
Die ervare Frans Steyn is as ’n plaasvervanger gekies vir die Bokke se 100ste toets teen die All Blacks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie