Só lees geposte Poema-kaptein se rassistiese aanmerking
Rugby
Die Argentynse Rugbyunie (UAR) het Dinsdag bevestig Pablo Matera is van die Poema-kapteinskap gestroop en saam met sy spanmaats Guido Petti en Santiago Socino geskors weens hul rassistiese uitlatings jare gelede op sosiale media.
Die skandaal het die Argentynse toergroep in chaos gedompel slegs dae voor die Poemas se laaste Drienasiestoets Saterdag teen Australië in Sydney.
Die UAR sê sy raad het ’n dringende vergadering belê ná aantygings gemaak is dat bogenoemde spelers tussen 2011 en 2013 rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak het.
“Die Argentynse Rugbyunie verwerp die diskriminerende en xenofobiese uitlatings deur lede van die Poemas-groep op sosiale media,” sê die UAR in ’n verklaring.
“Hoewel dié boodskappe tussen 2011 en 2013 gedeel is, veroordeel die Argentynse Rugbyunie enige uitsprake van haat en ons beskou dit as onaanvaarbaar dat diegene wat dit uitspreek, ons land verteenwoordig.”
Die UAR sê hy het sy personeel gevra om voorstelle aan die raad te maak vir ’n nuwe kaptein en dat die spelers hangende ’n “dissiplinêre proses” geskors is.
’n Woordvoerder vir die span sê die Poemas het Dinsdag al sy mediaverpligtinge gekanselleer en Reuters na die UAR se verklaring verwys.
Argentinië is die afgelope naweek met 38-0 deur die All Blacks geklop, maar het in hul ontmoeting twee weke tevore die land se eerste oorwinning teen Nieu-Seeland behaal (25-15), met Matera een van die uitstaande spelers.
SUID-AFRIKA
Matera het sy omstrede twiets intussen uitgevee en sy rekening gesluit, maar volgens die toonaangewende Argentynse koerant La Nación, hou een met ’n toer na Suid-Afrika verband.
Volgens die koerant lees die Twitter-inskrywing: ‘SUDAFRICA BABY! Por fin me voy de este país Ileno de negros. OUCH!’
Dit vertaal in Engels na: ‘South Africa baby! At last I’m leaving this country full of blacks. Ouch!’
Dit hou vermoedelik verband met die Pampas XV se deelname aan die Vodacombeker tussen 2010 en 2013, waarvan Matera ook ’n spanlid was. Hy was ook in die Argentynse o.20-span wat in 2012 in Suid-Afrika getoer het.
Matera het glo ook xenofobiese uitlatings teenoor Boliviane en Paraguayane gemaak.
Matera het ’n apologie op sy Instagram-rekening gepubliseer.
“Ek voel baie skaam hieroor en bied my verskoning aan teenoor almal wat te na gekom is deur die vieslikhede wat ek geskryf het.
“Op daardie oomblik sou ek nooit kon droom dat ek sou word wat ek vandag is nie. Vandag moet ek verantwoordelikheid neem vir wat ek nege jaar gelede gesê het.
“Ek is jammer vir my spanmaats en my familie vir hierdie oomblik wat hulle vanweë my optrede moet deurgaan. Ek is dankbaar teenoor diegene wat my liefhet, vir hul ondersteuning.”
– Netwerk24, Reuters / sarugbymag.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie