Só kan tegnologie konstruksie help
Elvira Wood –Die era waar die konstruksiebedryf net met groot planne op papier sit maar waar koste en spertye dan in die praktyk oorskry word, is verby.
Andrew Skudder, uitvoerende hoof van Construction Computer Software, sê tegnologie soos hommeltuie, brille wat ’n virtuele werklikheid skep, 5D-tegnologie en opsporingstoestelle behoort binnekort aan die orde van die dag te wees wanneer dit by konstruksie kom.
Skudder sê twee van die grootste voordele vir konstruksiemaatskappye wat dié tegnologie gebruik, is dat dit hulle meer produktief gaan maak terwyl daar ook groot kostebesparings sal wees.
Luidens navorsing wat deur die McKinsey Global Institute gedoen is, verbeter produktiwiteit met tussen 14% en 15% en verlaag dit koste met tussen 4% en 6% wanneer tegnologie na behore ingespan word.
Skudder verduidelik dat hommeltuie gebruik kan word om ’n behoorlike oorsig van ’n bouperseel te kry nog voordat daar met konstruksie begin word. Hommeltuie kan ook tydens die konstruksie gebruik word om behoorlik vas te stel wat die vordering is.
Virtuele werklikheid sal ingenieurs toelaat om binne ’n projek “rond te loop” nog voordat ’n enkele sooi gespit is. Dit sal dit moontlik maak om enige ontwerpfoute makliker en baie vroeër te identifiseer.
Die gebruik van 5D-tegnologie, waar tyd ook as ’n dimensie gebruik word, sal volgens Skudder ingenieurs help om realistiese spertye te stel vir hoe lank konstruksie gaan duur, afhangende van watter tegnieke en/of materiale gebruik gaan word.
Opsporingstoestelle gaan weer die wêreld baie makliker maak vir konstruksiespanne om presies te weet waar op ’n perseel ’n spesifieke stuk toerusting is.
Dié toestelle kan ook byvoorbeeld wys hoe lank ’n vragmotor moet wag om ’n vrag af te laai. Logistiese vertragings kan dan makliker vermy word.
“Konstruksieprojekte oorskry dikwels hul begrotings en spertye. Met toegang tot die regte gegewens kan konstruksiemaatskappye bepaal wanneer hulle hul begroting gaan oorskry, en kan dan betyds strategieë bedink om die situasie te wysig of om te verhoed dat enige addisionele koste aangegaan sal moet word,” sê hy.
Skudder sê, gegewe dat die konstruksiesektor in Suid-Afrika onder geweldige druk is, is dit te verstane dat daar kommer is dat tegnologie tot werkverliese sal lei.
“Eerder as dat dit werkverliese tot gevolg het, kan hierdie tegnologieë produktiwiteit verbeter en sleurwerk uitsny. Dit gaan oor die wysiging van die werkswyse eerder as om van poste ontslae te raak.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie