Sê jou sê oor onderwys
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ‘n landwye opname van stapel gestuur om van leerlinge tot onderwysers se insette oor voortgesette onderrig in die lig van die Covid-19-pandemie te verkry.
Volgens die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, kan die negatiewe impak van Covid-19 op die onderwysstelsel en die toekoms van Namibiese kinders nie onderskat word nie.
“Dit is binne dié raamwerk van internasionale begrip dat ons erken die pandemie kan onbepaald voortduur,” het sy gesê.
Volgens Steenkamp poog die opname om midde die pandemie insette hieroor van verwante rolspelers oor die huidige metode van voortgesette onderrig en ook die pad vorentoe vir die huidige akademiese jaar en verder te verkry.
Die opname duur tot 28 Augustus en skakels is op die webtuiste van die ministerie by www.moe.gov.na beskikbaar.
Die ministerie doen gevolglik ‘n beroep op alle skoolhoofde, leerlinge, ouers, unies en gemeenskapslede om deel te neem.
“Julle deelname en insette sal die ministerie se pogings en inisiatiewe ondersteun om voortgesette onderrig te verseker, asook skole se voorbereiding vir leerlinge se terugkeer na die skoolbanke en ook hul bevordering,” het Steenkamp gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie