Só het Thompson sy loopbaan ontspoor

Die wipwaentjierit in die lewe van 'n bekende rugby-afrigter het gister 'n laagtepunt bereik.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Borgtog is gisteroggend geweier tydens die eerste hofverskyning van Roger Hesron Robert Thompson, voormalige afrigter van die Namibiese o.20-rugbyspan en tot onlangs die bestuurder van die hoëprestasie-program van die nasio­nale rugby-akademie.

Thompson (35), wat Sondag in Katutura in hegtenis geneem is, is aangekla van huisbraak met die voorneme om te steel, asook op twee afsonderlike klagte van die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming.

Thompson sal op 10 Mei weer in die hof verskyn. Die hof het gelas hy kan 'n formele aansoek om borgtog indien. Die staat het borgtog teen­gestaan deur aan te voer dat dit nie in die openbare belang is nie en dat hy kan inmeng met die ondersoek wat nog in 'n vroeë stadium is.

Op 'n vraag van landdros Selma Amadila het hy aangedui dat hy vir sy eie regsverteenwoordiging sal betaal.

Geklee in 'n pers T-hemp, vaalwit kniebroek en plakkies, het Thompson bedees en diep in sy eie gedagtes versonke voorgekom terwyl enkele nuusmedia foto's van hom in die hofsaal geneem het.

Sy ouers, asook sy twee broers, almal bekendes in rugbykringe, was nie by die hof teenwoordig nie en sy vrou, Lucille, was die enigste wat die verrig­tinge bygewoon het. Die twee het in die hofsaal min oogkontak gemaak, maar het agterna buite die hofsaal kortstondig 'n paar woorde gewissel.



BELOWENDE LOOPBAAN

Thompson was 20 jaar oud toe hy in 2004 die eerste keer in 'n wegtoets teen Zambië as plaasvervanger-­senter sy debuut gemaak het.

'n Kwalifiserende Wêreldbeker-­wedstryd in Marokko twee jaar later was egter die laaste van sy tien toetse, voordat Thompson gedurende Desember 2006 'n positiewe toets vir steroïede gelewer het. Die Inter­nasionale Rugbyraad (nou Wêreldrugby) het hom gevolglik 'n skorsing vir twee jaar opgelê.

Thompson het egter 'n sukses­volle tweede kans in afrigting aangegryp. Ná een seisoen waarin hy sy ou klub Western Suburbs na die NRU premierliga-­titel gelei het, is hy by die nasionale o.20-span betrek – as hulpafrigter in 2014 en oor die volgende drie jare as hoofafrigter.

In 2016 en 2017 het die Namibiese juniors onder Thompson die vierde posisie by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi behaal – die land se beste posisie nóg en effektief 16de in die wêreld. In die proses het hy etlike spelers onder hande geneem wat intussen tot staatmakers in senior toetsrugby ontwikkel het.

Thompson het ook die senior nasio­nale span op provinsiale vlak, asook die 2015 Wêreldbekerspan in Engeland as verdedigingsafrigter hanteer. Sy aanvoeling vir afrigting was oog­lopend en daar is verder in sy ­loopbaan belê toe hy onder meer afrigterskursusse van Wêreldrugby in Frankryk gaan bywoon het.

Indien hy dus in sy baan gebly het, sou hy die logiese keuse gewees het om as hoofafrigter van die ­Welwitschias ná Lyn Jones en JP Nel se vertrek oor te neem.



SKADUKANT

In 2017 het Thompson in sy eie woorde oop kaarte oor die donker kant van sy verlede gespeel toe hy genader is om vir Namibia Media Holdings se eerste Hashtag Festival sy insig op sportafrigting as 'n loopbaankeuse te gee.

“Rugby het vanaf skoolvlak vir my goeie geleenthede geskep waarvoor ek baie dankbaar is. My lewe van bende­bedrywighede, alkohol en dwelms het dit egter kortgeknip,” het Thompson geskryf.

“Om op 'n vroeë ouderdom in die kollig te wees, het sy tol geëis en ek was baie onvolwasse om enige sukses te hanteer. Ek het besluite geneem waaroor ek vandag spyt is, maar ek kan sien hoe dit my as persoon gevorm het.

“Ek het met verkeerde mense deurmekaar geraak en my skorsing vir die gebruik van verbode middels het talle deure vir my laat toeklap. My lewe het agteruit gegaan en vriende wou nie meer met my vereenselwig wees nie. Op my eie het ek 'n lewe op straat bewandel, ewig op soek na die volgende dwelm-'high'.

“Nadat ek my verhouding met die Allerhoogste herstel het, het my lewe terug op koers gekom. Die reis op die dwaalweë het my gevorm om 'n vreugde­volle lewe te lei waarmee ek nou tevrede is.

“Vandag praat ek gereeld met die jeug en deel my ervaringe, goed en sleg. Ek sien myself nie as 'n motiveringspreker nie, maar as iemand met 'n getuienis wat die rigting van 'n lewe kan help verander.

“Vandag leef ek my droom as nasionale o.20-afrigter en hoof van die ­nasionale rugby-akademie – 'n program gebaseer op 'n holistiese benadering van ontwikkeling om beter rugbyspelers, maar ook beter mense te help skep.”



TERUGSLAG

Volgens bronne naby aan Thompson was hy vir bykans agt jaar “skoon”, voordat 'n klaarblyklike terugkeer na dwelmgebruik sy professionele­ en persoonlike lewe opnuut ontspoor het.

Gedurende die eerste helfte van verlede jaar het Thompson onder 'n wolk soek geraak toe die Namibiese o.20-span vir sy internasionale verpligtinge moes voorberei en is Henry Kemp op kort kennisgewing as sy plaasvervanger aangestel. Dit het later aan die lig gekom dat hy vir ­behandeling by 'n dwelmrehabilitasie­sentrum in die Wes-Kaap opgeneem was.

Gedurende die eerste naweek van Februarie vanjaar het die verdwyning van vier skootrekenaars uit die kantoor van sy werkgewer, die Namibiese Rugbymaatskappy (NRL), aanleiding gegee tot strafregtelike klagte van diefstal teen Thompson, nadat die kantoorkompleks se veiligheidskameras hom as 'n verdagte uitgewys het.

Een van die verdwene skootrekenaars was toegeken aan Sam Pickford, die Wallieser wat die nasionale afrigterspan se video-ontledings behartig.

Die NRL en ene Astrid Feris het ook afsonderlike klagte by die polisie aanhangig gemaak dat Thompson voertuie sonder hul toestemming gebruik het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64% Sport results: LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64%