Só het landbou by MCA-N gebaat

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Ontwikkelingshulp aan onder meer die landbousektor deur middel van die Millennium Uitdaagrekening van Namibië (MCA-N), beloop reeds meer as US$304 miljoen. Teen die wisselkoers tans, beteken dit nagenoeg N$3,3 miljard is die afgelope vyf jaar aan verskeie projekte in Namibië bestee.
Die MCA-N program word gefinansier deur die Amerikaanse regering en ondersteun ontwikkelingsaktiwiteite op die gebied van landbou, onderwys en toerisme. Dié vyf jaar lange projek sluit formeel op 16 September vanjaar sy bedrywighede in die land af.
Op 9 Julie 2014 het die MCA-N ’n slypskool vir rolspelers in die lewendehawebedryf gehou om oor die ondersteunende aktiwiteite die afgelope jare te besin. Dit het veral gehandel oor hulp aan produsente in die noordelike kommunale gebiede ten einde vir hulle beter bemarkingsgeleenthede te skep.
Die projekte wat geïmplementeer is, het in drie subafdelings geval, te wete doeltreffende lewendehawebemarking, die implementering van die naspeurbeheidstelsel vir lewendehawe (bekend as die NamLITS) en die oprigting van veeartsenykantore, werknemershuise en die opgradering van die kwarantynkampe.
Belanghebbendes het die suksesse van die verskillende programme en die uitdagings wat in die implementering van die proses ondervind is, uitgelig en bespreek. Hulle het ook gepraat oor die pad vorentoe na afloop van die MCA-N se geldelike hulp aan die land.


Holitiese benadering
Me. Penny Akwenye, uitvoerende hoof van die MCA-N, het gesê landbou is een van die sleutelsektore waarvoor plaaslike gemeenskappe geldelike hulp verlang het.
“Deur middel van die landbouprojek het MCA-N en Millennium Uitdaagkorporasie (MCC) in samewerking met die ministerie van landbou, water en bosbou, ’n holistiese benadering gevolg in sy ondersteuning van die voortgesette pogings om opleiding en die vestiging van bewese boerderypraktyke, naspeurbaarheid, dieregesondheid en veeartsenykundige dienste te verbeter en bemarkingstruikelblokke in die noordelike kommunale gebiede te verminder.
“Die ondersteuning aan lewendehaweprodusente deur middel van hierdie ingryping, het getoon dat dit moontlik is om in ’n kort tydjie ’n verskil te maak. Ons glo dat die bedryf beter op die toekoms voorbereid is en dat ons pogings uiteindelik daartoe sal lei dat die noordelike gebiede deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) vry van siektes soos bek-en-klou-seer verklaar sal word,” het Akwenye gesê.
Sy het die ministerie van landbou, water en bosbou geloof vir sy goeie ondersteuning, samewerking en verhouding met die MCA-N sedert die aanvang van die projek.


Waardevolle opleiding
Mnr. Joseph Iita, permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, het gesê buiten die reusebelegging in veeartsenydienste en die infrastruktuur wat daarvoor nodig was, het die MCA-N se landbouprojek ook ’n betekenisvolle bydrae tot die opleiding van die kommunale boere in die noordelike kommunale gebiede gelewer. Boere het opleiding in veldbestuur en veeteelt, lewendehawebemarking, sowel as die bestuur van hul waterinfrastruktuur ontvang.
“Die meerderheid van die subprojekte gefinansier ingevolge die landboubeen, was dít wat die ministerie beplan het en wat dit as gevolg van hulpbronbeperkings nie kon deurvoer nie. Daarom wil ek namens die ministerie sowel as regering ons dank uitspreek vir die ruimskootse ondersteuning van die Amerikaanse regering en dié land se mense deur middel van die MCC Namibia wat planne en programme tot die hoogste rat kon versnel,” het hy gesê.
Iita het bygevoeg sy ministerie sal alles in sy vermoë doen om die momentum wat geskep is deur die MCA-N finansiële hulp, voort te sit en om die implementering van die sagtewarekomponente en om met die fisieke instandhouding van die hardewarekomponente van die projek voort te gaan.
Mnr. Paul Sijssens, die onafhanklike evalueerder wat die implementering van die aktiwiteite beoordeel het, het gesê die meeste van die lewendehaweprogramme is toepaslik hoewel sommige implementeringsuitdagings sal ondervind.
Hy het MCA-N vir sy professionele bestuur van die lewendehawebedrywighede en vir die opstel van duidelike prosedures vir die implementering geloof.
Dr. Musilika Shilongo van die ministerie van landbou, water en bosbou, wat die projek se formulering van strategieë aangevoer het om die noordelike kommunale gebiede siektevry verklaar te kry, het gesê dat die MCA-N se geldelike hulp het die ministerie in staat gestel om 1 000 plaaslike gemeenskappe in te lig oor geskikte moontlikhede om die beweging van besmette diere vanuit noordelike buurlande in Namibië te voorkom.
Mnr. George Haufiku, ’n lid van die sekretariaat van die lewendehawebemarkingskoöperatiewe in die noordelike kommunale gebiede, het gesê ses koöperatiewe is geskep om die ses noordelike streke te verteenwoordig.
“Daar was geen lewendehawebemarkingsorganisasies in die noordelike kommunale gebiede nie en die afset van vee was laag ten spyte daarvan dat hierdie streke oor die grootse veekuddes in die land beskik. Ons is nou in staat om, danksy die MCA-N, vee te bemark deur middel van gereelde veilings in kommunale gebiede met afslaers wat opleiding ontvang het en uit die plaaslike gemeenskappe kom," het Haufiku gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%