Só het grondberaad besluit
Elvira Hattingh - Die grondkonferensie het pas afgesluit met pres. Hage Geingob wat aan Namibiërs die versekering gegee het dat merkwaardige veranderinge voorts gaan plaasvind.
Verskeie resolusies is binne vyf tematiese gebiede tydens die tweede grondkonferensie geneem, wat voorts deur die regering vir implementering binne die toepaslike wetsraamwerk en beleide oorweeg sal word.
Die resolusies het altesaam oor 49-bladsye gestrek en slegs enkeles word dus genoem. Die volledige resolusies sal binnekort op die ministerie van grondhervorming se webblad gepubliseer word. Die resolusies sluit in:
Kommersiële grondhervormingsprogramme en verwante sake
•Die vrywillige verkoper, vrywillige koper-prinsiep moet opgeskort word en vervang word met alternatiewe verkrygingsmetodes.
•Slegs een plaas per Namibiër toegelaat. Regulering van die grootte van plase wat deur ‘n individu besit kan word.
•Landbougrond wat in buitelanders se besit is of onderbenut word, moet onteien word.
•Beleide moet ontwikkel word om plaaswerkers te beskerm wat vir geslagte lank op plase werk om eindelik van alternatiewe behuising voorsien te word.
Kommunale boerderye
•Die geleidelike verwydering van die veterinêre kordonheining, met die inagneming van verskeie faktore.
•Die boete vir onwettige heinings binne kommunale gebiede moet verhoog word terwyl die polisie tradisionele owerhede behoort te steun in die verwydering van onwettige heinings.
•Die regering moet ‘n databasis ontwikkel van diegene wat oor grond beskik om te vermy dat enkeles grond op verksie plekke het.
•‘n Kommunale gebied moet in die Khomas- en /Kharasstreek begin word vir mense wat geen grond het nie.
Dorpsgebiede
•Ontwikkel ‘n beleid en program vir grondhervorming in dorpsgebiede binne een jaar.
•Die tydsraamwerk vir die lewering van erwe moet tot ses maande beperk word.
•Bouregulasies behoort aanpasbaar te wees sodat mense stuk-stuk kan bou.
•Bou 300 000 huise of wooneenhede of bied die geleentheid vir die bou van soveel binne die volgende sewe jaar omdat behuising ‘n nasionale noodsituasie is.
•Laat toe dat gedeeltelik gedienste erwe verkoop word, met dienste wat later bygevoeg kan word.
•Implementeer en reguleer die wet vir die beheer van huurpryse.
Voorvaderlike grond
•Skep ‘n gemeenskaplike begrip of konsensus oor wat voorvaderlike grond is.
•Formuleer wetgewing om voorvaderlike grondeise te fasiliteer.
•Ontwikkel meganismes wat die mees geraakte gemeenskappe prioritiseer.
•Die waardige begrawing van volksmoord- en oorlogslagoffers van die vryheidstryd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie