Só help Cyril met goedkoper petrol in Maart
Goeie nuus vir brandstofverbruikers is dat 'n sterker wisselkoers laer brandstofpryse beteken.
Hanlie Stadler
Brandstofpryse gaan in Maart vir die derde maand in 'n ry daal.
Die oorverhaling op 95-oktaan-petrol tot Donderdag beloop 31c per liter en op 93-oktaan 34c per liter, volgens die Suid-Afrikaanse Sentrale Energiefonds se syfers.
Op die groothandelprys van diesel beloop dit 41c vir diesel met 'n swaelinhoud van 0,005% en 43c op 0,05%.
As die oorverhaling op dié vlakke bly, sal dit beteken 95-oktaan-petrol het in die eerste drie maande van die jaar 95c per liter goedkoper geword en diesel (0,05% swael) 82c per liter. Dit beteken 'n besparing van onderskeidelik R47,50 en R41 per tenk van 50 liter vergeleke met Desember se pryse.
Die oorverhaling (met hoeveel die prys moet daal) word daagliks bygewerk en kan nog oor die volgende weke verander. Die oorsigtydperk vir brandstofpryse in Maart loop nog twee weke, tot 1 Maart, en die nuwe pryse sal van Woensdag 7 Maart af geld. Die Cyril-faktor, wat die rand Vrydagoggend tot selfs R11,56 per dollar laat versterk het, speel beslis 'n rol. Die versterking van die rand dra net minder as 13c per liter tot die oorverhalings by.
Die grootste rede vir die daling is egter dat internasionale oliepryse sedert einde Januarie gedaal het. Brent-ruolie, wat Suid-Afrika aankoop om petrol mee te vervaardig, het byvoorbeeld van US$70,78 per vat op 26 Junie tot US$64,56 per vat Vrydagoggend omstreeks 09:30 gedaal. Daardie US$5 per vat klink dalk nie na veel nie, maar dié en soortgelyke dalings het tussen 19c en 30c tot die huidige oorverhaling bygedra (verskillende olies en ander middels word vir verskillende brandstowwe gebruik).
skuldlas en belasting
Motoriste moet egter maar versigtig wees om hoera te skree voordat hulle oor die voortjie gery het.
Benewens die staatsrede Vrydagaand kan volgende Woensdag se begrotingsrede 'n groot uitwerking op die rand hê. Slegte nuus oor die staat se skuldlas en belastings sal die rand weer laat terugsak. Vir eers hoop ekonome soos Annabel Bishop van Investec egter dat Cyril-euforie die rand woema sal gee tot so sterk as R11 per dollar, wat sal meebring dat die oorverhaling op brandstof selfs groter word.
Maar selfs 'n sterker rand en goedkoper olie sal nie veel help indien Jan Taks van April af 'n groter pond vleis op brandstof eis nie.
Motoriste sal Woensdag weet met hoeveel die brandstofheffing en Padongelukkefondsheffing in April styg wanneer Malusi Gigaba (of wie ook al dan die minister van finansies is) dit in sy begrotingsrede aankondig.
Die Outomobiel-Assosiasie waarsku dat die stand van die ekonomie motoriste se sak steeds sal raak.
“Die staat het te kampe met enorme verliese weens laer belastinginvordering, wanbestuur by staatsondernemings en 'n stygende skuldlas. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie