Só gaan Namibië vir Ya Toivo groet
Die reëlings vir die begrafnis van wyle mnr. Andimba Toivo ya Toivo is bekend gemaak.
Ronelle Rademeyer - Namibiërs in die Noorde sal Vrydag op Ondangwa die geleentheid kry om vir oulaas eer te betoon aan die nasionale held en vaderfiguur, mnr. Andimba Toivo ya Toivo, tydens 'n roudiens by die Ongatu-gemeente van die Lutherse kerk.
Aanstaande Vrydag sal 'n roudiens in Windhoek gehou word, waarna hy op Saterdag 24 Junie tydens 'n staatsbegrafnis by die Heldeakker buite Windhoek ter ruste gelê sal word. Dié begrafnisreëlings is gister deur die familie se woordvoerder, mnr. Helmut Angula, bevestig.
Intussen het Staatshuis laat gister aangekondig dat alle landsvlae van Woensdag 21 Junie tot Saterdag 24 Junie halfmas sal hang. Dit sal as 'n routydperk gesien word.
Die 92-jarige Ya Toivo is Vrydagaand omstreeks 18:00 by sy huis in Klein Windhoek dood nadat hy van 'n sakebesoek aan Walvisbaai af teruggekeer het.
Angula sê hy was daarheen saam met sy vriend en destydse medegevangene op Robbeneiland, mnr. Helao Shityuwete.
Met sy tuiskoms het hy die drywer van sy voertuig meegedeel dat hy siek voel.
'n Rukkie later het 'n familielid van Ya Toivo, wat gereeld geoefen het en gesond geleef het, op hom afgekom. Hy kon in daardie stadium nie meer beweeg nie en mediese hulp is ontbied. Volgens Angula het paramedici anderhalfuur probeer om hom by te bring, maar “niks het gebeur nie”.
Sy vrou, Vicky, was ten tyde van sy dood op 'n besoek aan Switserland. Die egpaar het 'n tweeling, beide dogters.
Intussen het adv. Bience Gawanas, voorsitter van die Namibië Rooikruisvereniging, namens die vereniging gesê Ya Toivo sal onthou word vir sy passie en toewyding aan hierdie organisasie wat terugstrek tot sy dae op Robbeneiland.
Hy was van 2005 tot 2012 die vereniging se voorsitter en beskermheer.
Sy sê sy oop hand vir kwesbare families en gemeenskappe was die dryfkrag agter hierdie vereniging en sal dit nog vir geslagte vorentoe inspireer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie