Rwanda verbied SA vrugte, groente
Die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika het meegebring dat daar ‘n negatiewe persepsie is van die land se voedselprodukte wat uitgevoer word.
Rwanda het nie net Suid-Afrikaanse vleisprodukte verbied nie, maar het sommer ook besluit om Suid-Afrikaanse vrugte en groente te verbied weens onsekerheid oor presies waar die bron van die listeriose-besmetting is.
Dit is volgens Niki Kruger, hoofdirekteur vir handelsonderhandelinge in Suid-Afrika by die departement van handel en nywerheid.
Sy het Woensdag op ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitees van landbou en gesondheid in die Suid-Afrikaanse parlement gesê die grootste handelsrisiko van die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die impak daarvan op persepsies oor alle ander Suid-Afrikaanse landbouprodukte.
Dit blyk die Rwandese het die persepsie gehad dat listeriose uit die grond kom en ook ander produkte raak. Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het ook die komiteevergadering bygewoon en gesê spanne van die departemente van handel en nywerheid en landbou was in Rwanda om die wanpersepsies reg te stel.
Senzeni Zokwana, minister van landbou, het ook die komiteevergadering bygewoon.
Meer as US$8,34 miljoen van die totale jaarlikse Suid-Afrikaanse uitvoer van wors is geraak deur lande wat die produkte tot dusver verbied het weens die uitbreking van listeriose, sê Kruger.
Dit is sowat R100 miljoen se uitvoer van wors. In totaal raak dit 46% van Suid-Afrika se worsuitvoer van US$18 miljoen, hoewel dit net 0,01% van die land se totale uitvoer raak, sê Kruger.
Die grootste invoerders van Suid-Afrikaanse wors is Lesotho, Mosambiek en Namibië.
Lande wat reeds Suid-Afrikaanse wors verbied is Mosambiek, Namibië, Botswana, Zambië, Seychelle, Malawi, Zimbabwe en Kenia, maar dis nog net die Seychelle wat die Wêreldhandelsorganisasie amptelik ingelig het dat hy Suid-Afrikaanse vleisprodukte verbied het.
Die waarde van verwerkte vleisprodukte buiten wors wat ook deur lande se verbod op invoer geraak word, is US$17,32 miljoen of 38% uit ’n totaal van US$45,3 miljoen.
Namibië, Lesotho en die Verenigde Arabiese Emirate is die grootste invoerders van dié kategorie van vleisprodukte en dit is tot dusver nog net Suid-Afrika se naaste buurlande behalwe Lesotho en Swaziland wat dié produkte verbied, het die syfers gewys wat Kruger aan die komitee voorgelê het.
Davies het beklemtoon die betrokke maatskappye soos Tiger Brands en Rainbow moet die krisis met deursigtigheid benader en nie om iets te probeer wegsteek en hulself verontskuldig nie.
Davies het daarop aangedring dat ’n verpligte voedselveiligheidstandaard vir verwerkte vleis dringend ingestel word.
Zokwana het daarmee saamgestem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie