Ruswahl vat goud danksy omstrede reu00ebl
Ruswahl vat goud danksy omstrede reu00ebl

Ruswahl vat goud danksy omstrede reël

Atletiek
Wim Pretorius – Ditsem, Ruswahl Samaai! Die Suid-Afrikaanse verspringer het Sondagmiddag diep gedelf om goud by die Diamantliga-byeenkoms in Stockholm te wen.
Die Afrika-kampioen kon voordeel trek uit die nuwe – en omstrede – formaat wat Wêreldatletiek in die verspring beproef, waarvolgens die voorste afstand in die laaste ronde die wenner bepaal en nie die algehele verste afstand nie.
Samaai het hier die Sweed Thobias Montler se partytjie bederf en met sy heel laaste poging die oorwinning gegaps toe hy die maatband tot 8.09 m laat rek het vir ’n derde loopbaansege in dié reeks.
Montler, wat in die tweede ronde die beste sprong van die dag gelewer het met 8.13 m, kon met sy laaste poging net 8.06 vermag en hy moes met die tweede plek tevrede wees.
Samaai het in “kwalifiserende rondes” ’n beste van 8.07 gehad.
Finland se Kristian Pulli was derde met 8.02 m ná sy laaste poging.
Vir Karsten Warholm was dit ’n uitsonderlik suksesvolle dag met seges in die 400 m-hekkies en 400 m.
In die hekkies kon dit egter soveel meer as net ’n oorwinning gewees het.
Het hy nie die heel laaste hekkie raak getrap nie, sou Warholm in alle waarskynlikheid Kevin Young se wêreldrekord, wat al sedert 1992 staan, ’n nuwe eienaar gee.
Die Noorweër was vanuit baan agt soos ’n koeël uit die blokke met sy lang bene wat hom oudergewoonte met gemak oor die hekkies laat seil het en die wêreldrekord wat skielik na ’n sekerheid begin lyk het.
En toe tref die 24-jarige die heel laaste hekkie met sy ritme wat duidelik gesteur is. Hy het nietemin koelkop gebly en aanhou hardloop om steeds die naasbeste tyd nog op te stel en die eerste plek te vat.
Hy het die wenstreep in 46.87 sekondes oorgesteek en in die proses met 0.05 sek op sy eie persoonlike beste en Europese rekord verbeter.
Dit was net 0.09 buite die Amerikaner se rekord van 46.78.
Sy wentyd in die 400 was 45.05.
In die paalspring het die Sweed Armand Duplantis sy onoorwonne vertoningslys in 2020 voortgesit.
Die wêreldrekordhouer se beste suksesvolle poging was op 6.01 m.
Sam Kendricks, die wêreldkampioen, sou teleurgesteld wees met sy vertoning waar hy op ’n hoogte van 5.73 m vasgesteek het. Sy beste suksesvolle poging was op 5.5 m, wat onnatuurlik vir dié Amerikaanse atleet is wat normaalweg sonder veel probleme oor 6 m kan spring.
Die Brit Holly Bradshaw het die vroue-paalspring gewen met die dwarslat op ’n hoogte van 4.69 m.
In die 1 500 het Laura Muir van Brittanje die wenstreep in 3:57.86 oorgesteek vir haar eerste plek, byna vier sekondes voor haar landgenoot Laura Weightman (4:01.62).
Ivoorkus se Marie-Josée Ta Lou sukkel steeds om die roes af te skud en kon net ’n derde plek in die 100 m haal in 11.32 sek. Ajla del Ponte van Switserland het met die louere weggestap in 11.20.
Luminosa Bogliolo van Italië het die 100 m-hekkies in 12.88 gewen, terwyl Femke Bol van Nederland in die 400 m-hekkies baas was in 54.68. – Netwerk24


FOTO
Suid-Afrika se Ruswahl Samaai het Sondag goud gewen by die Diamantliga-byeenkoms in Stockholm, Swede. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A