Russiese diamantreus keer terug na Zim
Die Russiese diamantreus Alrosa gaan ná ’n afwesigheid van twee jaar weer diamante in Zimbabwe ontgin.
Die maatskappy het Maandag dié planne bekend gemaak.
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe besoek tans die Russiese hoofstad, Moskou.
Sergei Iwanof, uitvoerende hoof van Alrosa, sê die maatskappy het reeds in Desember ’n kantoor in Zimbabwe oopgemaak.
Mnangagwa, wat in 2017 president van Zimbabwe geword het, sien diamante as ’n manier om Zimbabwe se sukkelende mynbousektor weer op dreef te kry nadat dit jare onder sy voorganger, Robert Mugabe, skade gely het.
Die Zimbabwiese regering oorweeg dit om ’n reël af te skaf wat buitelandse beleggers keer om ’n beherende belang in diamantmyne te besit.
“Ons poog ook om Zimbabwe te ondersteun in die ontwikkeling van sy diamantmyne, in pas met die beste praktyke in die bedryf,” sê Iwanof in ’n verklaring.
Luidens die verklaring sal geoloë en myningenieurs binne die volgende maand in Zimbabwe opdaag om te begin werk.
Geen groot mynmaatskappye is ondanks Zimbabwe se goeie diamantneerslae in dié land bedrywig nie.
Rio Tinto het sy belang in ’n projek daar in 2015 verkoop terwyl De Beers reeds ’n dekade gelede uit die land onttrek het.
Alrosa het voorheen in 2016 uit Zimbabwe onttrek.
Diamantproduksie het die afgelope vyf jaar met sowat 75% gekrimp.
BESTAANSMYNWERKERS
Die mynbedrywighede by Marange – waar diamante voorheen ontgin is – is ook duister.
Nadat diamant aanvanklik daar ontdek is, het bestaansmynwerkers na die gebied gestroom.
Hulle is gevolg deur groot Chinese en Suid-Afrikaanse mynmaatskappye.
Menseregte-aktiviste het die Zimbabwiese weermag egter daarvan beskuldig dat hulle diamante uit die land smokkel en dat die staatskas min voordeel uit die sektor getrek het.
Alrosa het tot dusver hoofsaaklik net diamante in Rusland ontgin. Sy enigste myn buite dié land se grense is die Catoca-myn in Angola.
Dit is een van die wêreld se grootste diamantmyne.
Rusland se diamantvelde sal na verwagting teen 2047 uitgeput wees, het Dmitri Kobilkin, minister van natuurlike hulpbronne, in Desember in ’n onderhoud met Interfax gesê.
Hy het toe gesê dat Alrosa buiten vir sy eksplorasie in Rusland ook na Afrika moet kyk.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie